Nuwe begin vir Quintoline
Nuwe begin vir Quintoline

Nuwe begin vir Quintoline

Die onreëlmatigheid waarmee 'n jong Namibiërtjie gebore is, kom net in een uit elke een miljoen lewende geboortes voor.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - 'n Babameisie van Gobabis, wat as deel van 'n Siamese twee­ling gebore is, vertrek eersdaags na die buiteland vir 'n lewensveranderende operasie.

Quintoline de Wetta, wat op 9 Januarie haar eerste verjaardag gevier het, is as 'n heteropagus-tweeling gebore en sal die operasie in Zürich, in Switserland, se kinderhospitaal ondergaan.

'n Heteropagus-tweeling, algemeen bekend as 'n parasitiese tweeling, kom voor wanneer tweeling-embrio's in die baarmoeder begin ontwikkel, maar die twee nie ten volle van mekaar kan skei nie.

Een embrio oorheers en ontwikkel dan ten koste van die ander een.

Dit is 'n baie seldsame onreëlmatigheid.

Die presiese voorkoms hiervan is onbekend, maar daar word beraam dit gebeur in minder as 1 uit 1 miljoen lewende geboortes.

Zürich se kinderhospitaal doen die chirurgie gratis, terwyl Neo for Namibia – Helping Babies Survive die koste van akkommodasie dek en ook Quintolene en haar ma, Paulina de Wetta, tydens hul verblyf van drie maande in Switserland emosioneel sal ondersteun.



ONDERSTEUNING

Neo for Namibia – Helping Babies Survive is 'n niewinsgewende organisasie wat in Switserland gebaseer is en op die implementering van eenvoudige mediese ingryping fokus, wat die oorlewingskoers van pasgebore babas verhoog.

Quintolene en Paulina word vir die eerste week danksy die ondersteuning van die Okanti Foundation van 'n dokter verbonde aan die pediatriese eenheid van die Windhoek Sentrale Hospitaal vergesel.

Die doel van die stigting is om Namibiese families met 'n chroniese siek kind emosioneel te ondersteun en ook finansieel tot holistiese terapieë en medikasie by te dra.

Volgens me. Michaela Tietz-von Leipzig van Okanti sal die plaaslike dokter Paulina hoofsaaklik emosionele ondersteuning bied, maar ook bande smee wat in die toekoms tot voordeel van ander Namibiese kinders kan strek.

Tietz-von Leipzig het gesê toetse het bevind Quintolene is “neurologies normaal”, en die operasie, wat 'n multidissiplinêre span spesialiste vereis, sal haar 'n kans op 'n normale lewe bied.

Die Okanti Foundation dek alle reisonkostes.

Volgens Tietz-von Leipzig het die Windhoek Sentrale Hospitaal se superintendent, dr. Dawid Uirab, 'n aansoek om die finansiële ondersteuning van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se spesiale fonds ingedien.

Die operasie kos €175 000 – sowat N$2,8 miljoen.

“Enige verdere skenkings vir lugtyd om tydens hul verblyf van drie maande in Switserland in verbinding te bly, en enige sakgeld of warm klere sal baie waardeer word,” het Tietz-von Leipzig gesê.



Sy het haar dank uitgespreek teenoor sr. Callard, 'n verpleegster verbonde aan die neonatale intensiewesorgeenheid van die Windhoek Sentrale Hospitaal vir haar koördinering met dokters in Zürich, asook teenoor die spesialisspan van Neo for Namibia en Zürich se kinderhospitaal.

“Elkeen lewer 'n bydrae tot hierdie meisietjie se ontwikkeling in 'n wandelende en hopelik ­dansende kleuter met 'n gesonde lewe.”

Vir meer besonderhede en enige skenkings kan Tietz-von Leipzig by 081 127 8544 of [email protected] gekontak word.

Finansiële bydraes kan gelewer word aan die Daniela Medical Trust, Nedbank-hooftak (461609), reknr. 11010022195 (tjekrekening).

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!