Nuwe begin vir vier wildehonde
Nuwe begin vir vier wildehonde

Nuwe begin vir vier wildehonde

Ná drie van dié bedreigde spesie in Februarie glo deur lughawepersoneel doodgeskiet is, is vier op die Zannier-reservaat vrygelaat.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako afgemaai is, is vier wildehonde Dinsdag suksesvol op die aangrensende Zannier-reservaat vrygelaat.

Me. Marlice van Vuuren, uitvoerende direkteur van die N/a’an ku sê-stigting, het die vrylating waargeneem met ’n hartbeeskarkas wat by die hek geplaas is.

“Die vier wildehonde het geen tyd verwyl om hul vryheid in die Zannier-reservaat van 7 500 ha te proe nie,” lui ’n mediaverklaring van die stigting.

Dié vier diere het in 2017 by N/a’an ku sê aangekom en is deel van ’n trop van 10 wildehonde wat voorheen in ’n reservaat van die AfriCat-stigting gebly het.

“As deel van ons voortdurende navorsing oor die vrylating van wildehonde het ons N/a’an ku sê-span die trop van 10 gemonitor en uiteindelik vier kandidate vir die vrylating gekies. Drie reuns en een teef is gekies om redes wat hul oorlewing in die Zannier-reservaat aansienlik sal verhoog,” lui die verklaring.

“Robin, die vyfjarige alfateef, is gekies saam met Gobi, die driejarige alfareun, saam met twee driejarige reuns, Namib en Sonoran, om die trop van vier te voltooi. Namib en Sonoran het ’n noue vewantskap met Robin en Gobi en die trop se samehorigheid is belangrik vir hul oorlewing.”

Volgens N/a’an ku sê het die vier wildehonde eers vir 10 weke in 'n kleiner kamp in die Zannier-reservaat gebly om hulle toe te laat om gewoond te raak aan die klanke en reuke van die gebied.

“Die gebied is deurentyd gemonitor, ook deur strategies-geplaasde versteekte kameras, wat gewys het leeus in die reservaat besoek nie dié gebied nie – ’n bewys dat dit die ideale vrylatingsgebied is,” lui die verklaring.

“Hierdie vrylating in ’n beskermde reservaat is van onskatbare waarde vir die stigting se navorsing op wildehonde en ons hoop om ’n groter trop in die toekoms in ’n nasionale park vry te laat.”

SKIETVOORVAL

Dié suksesverhaal volg ná die tragedie in Februarie toe lughawepersoneel na bewering op ’n trop van vyf wildehonde losgebrand het “in ’n poging om ’n koedoekarkas te steel wat deur die wildehonde gejag is”.

Twee wildehonde (die alfateef Nadia en die reun Desert) is op die toneel doodgeskiet en ’n derde een (die reun Jaco) is gewond en het drie dae later aan sy wonde beswyk.

Die trop van vyf, die broer en suster, Jaco en Nadia, is as welpies uit ’n konfliksituasie in die Mangetti-gebied in die Noordooste gered en drie broers, Namib, Desert en Veldt, is weer van ’n gewisse dood in die ­Otjozondjupastreek gered. Hulle is sedert 2016 deur Van Vuuren grootgemaak.

Die Famous Five is beskou as een van die stigting se suksesverhale wat vrylatingsprojekte betref en was ambassadeurs van hul spesie.

Die ses verdagtes in die skietvoorval is destyds glo op heterdaad met die koedoekarkas agterop ’n bakkie betrap.

Hulle het in die Windhoekse landdroshof in Katutura op klagte van die jag van be­skermde wild, die verwydering van wildsvleis, die vervoer van wildsvleis en die onwettige betreding van eiendom verskyn.

Die beskuldigdes is op borgtog van N$3 000 elk vrygelaat.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.20/OZ DOWN 0 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 920.40/T UP 0.31% | Brent Crude Oil US$ 83.97/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 975.75/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.20/OZ DOWN 0 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 920.40/T UP 0.31% | Brent Crude Oil US$ 83.97/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 975.75/OZ DOWN -0.0029