Nujoma 'wil weer president word'
Nujoma 'wil weer president word'

Nujoma 'wil weer president word'

Daar is glo ’n gekonkel agter die skerms om die stigterpresident weer aan die hoof van die regerende party te kry.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Menseregte-aktivis Phil ya Nangoloh beweer op sy Facebook-blad in ’n ope brief aan stigterpresident Sam Nujoma hy is deur “geloofwaardige” bronne ingelig dat Nujoma beplan om homself weer as presidensiële kandidaat by Swapo se komende kongres beskikbaar te stel.

In ’n ope brief van nege bladsye sê Ya Nangoloh hy is “oortuigend” ingelig dat Nujoma “in die geheim hoop” op ’n presidensiële nominasie - vermoedelik om president Hage Geingob en moontlik ander kandidate ook uit te daag.

Ya Nangoloh het verskeie reguit vrae aan Nujoma gestel en verduidelik waarom hy homself nie vir dié posisie beskikbaar moet stel nie.

Onder andere vra Ya Nangoloh of Nujoma agter die sogenaamde Agenda 17 sit, waarvan die hoofdoel na bewering is om alle kanse op ’n tweede presidensiële termyn vir Geingob te stuit.

Ya Nangoloh insinueer dat Nujoma Swapo-lede ondersteun wat teen Geingob gekant is, en dat hy “stilletjies” afgevaardigdes by die kongres aanmoedig om teen Geingob of enige ander teenstander van die party se presidentskap, te stem.

“Ek is baie bekommerd oor ’n scenario waar die Namibiese president en Swapo se president nie een en dieselfde persoon is nie,” het Ya Nangoloh gesê en bygevoeg dat só ’n situasie negatiewe gevolge vir openbare en nasionale veiligheid kan inhou.

TEEN NUJOMA-NOMINASIE

Ya Nangoloh, ’n bekende Nujoma-teenstander, sê hy is gekant teen die stigterpresident se politieke terugkeer, direk of indirek deur gevolmagtigdes, eerstens weens Nujoma se gevorderde ouderdom en omdat daar ’n dringende behoefte is vir jonger geslagte om die party se sake oor te neem. Tweedens, sê Ya Nangoloh, het Nujoma oorgenoeg tyd gehad om as Swapo en die Namibiese regering se leier te dien ná sy 40 jaar lange presidentskap van die party én sy drie termyne as president van die land.

Hy sê Nujoma moet as Swapo se eerste leier en oudhoofbevelvoerder verantwoordelik gehou word vir die Swapo put-sage waarin duisende mense verdwyn het of sistematies gemartel en vermoor is.

Hy sê ook Nujoma het op “roekelose wyse” PLAN-vegters beveel om die Namibiese grens met Angola oor te steek, in stryd met Resolusie 435 van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, en dat dit die slagting van meer as 300 mense op 1 April 1989 meegebring het.

Ya Nangoloh het geskryf wydverspreide korrupsie het in die openbare sektor wortel geskiet tydens Nujoma se termyn van 15 jaar as staatshoof.

Dít in die vorm van baantjies vir boeties en die toekenning van winsgewende tenders, asook die twyfelagtige hervestiging van politieke boesemvriende op staatsbeheerde plase.

Hoewel Nujoma verskeie presidensiële kommissies van ondersoek na bewerings van korrupsie gelas het, is nie een van die bevindings van dié verslae, afgesien van die ondersoek na die verslag rondom die Ontwikkelingsbrigade, tot dusver openbaar gemaak nie.

Ya Nangoloh blameer ook vir Nujoma vir die dramatiese toename in Chinese burgers in die land, wat volgens hom onder die dekmantel van beleggings na Namibië kom en deur die jare bykans elke sfeer van die plaaslike ekonomie binnegedring het - wettig of onwettig.

Ya Nangolo het Nujoma oor sy stilswye oor die sistematiese stroping en plundering van Namibiese wildlewe en fauna deur Chinese en Noord-Koreaanse burgers berispe.

“Terloops,” skryf Ya Nangoloh aan Nujoma, “die meeste van dié stropingsaktiwiteite word vanuit die Omusatistreek uitgevoer vanwaar jy kom. So, wat presies is dit, dr. Nujoma, wat Namibië aan China en sy burgers verskuldig is? Verdra jy dié oortredings weens jou noue verwantskap met die Chinese nedersetters?”

Ya Nangoloh beweer honderde Namibiërs kla oor die “wegsteek” van VN- en ander internasionale fondse in China, wat opsy gesit is vir hul repatriasie, hervestiging en rehabilitasie ná jare in ballingskap.

Nujoma se woordvoerder, mnr. John Nauta, het gesê: "Ons is nou al gewoond aan Phil ya Nangoloh se dagdrome en wilde verbeelding. Laat hy maar slapelose nagte hê! Hy sien Nujoma oral, soveel so dat hy nie meer slaap nie!"

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026