Nujoma steun Topulathana

Tussenverkiesings oormôre

14 January 2020 | Politiek
Adolf Kaure – Stigterpresident Sam Nujoma sê Swapo se kandidaat vir Walvisbaai se streekraadverkiesing Woensdag is die regte persoon vir die pos.

Hy sê me. Sirie Topulathana se ervaring in die party se jeugliga (SPYL) en vroueraad (SPWC) in die Erongostreek maak van haar ’n geskikte kandidaat.

Nujoma het dié opmerking Saterdag by ’n Swapo-byeenkoms op die kusdorp se volgepakte Kuisebmond-stadion gemaak.

“Kameraad Sirie is een van die mees dinamiese, energieke, gefokusde en nederigste jong leiers in ons samelewing. Sy het haar jong lewe die afgelope 12 jaar aan die Swapo-party en die Walvisbaai-gemeenskap toegewy,” het Nujoma gesê.

Verskeie verantwoordelikhede in die party is aan Topulathana toevertrou.

Dit sluit in diens as SPYL-sekretaris van inligting, mobilisering en publisiteit vir die Gertrude Kandanga-tak in die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling.

Sirie was ook die SPWC se tesourier vir die Gertrude Kandanga-tak, en ’n lid van Swapo se stedelike uitvoerende distrikskomitee.

Nujoma sê Swapo het in die Erongostreek baie op Topulathana staatgemaak – veral wat die politieke mobilisering van inwoners van die streek betref.

Derhalwe het sy begrip vir inwoners se behoeftes, sê hy.

“Kameraad Sirie verstaan die behoeftes en strewes van Walvisbaai se inwoners en het haar vermoë duidelik getoon om hierdie behoeftes en begeertes te verwoord. As jongeling is kameraad Sirie goed vertroud met die verskeie uitdagings van mense in die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling – veral met dié van die jongmense,” het hy gesê.

Topulathana het Swapo bedank vir haar nominasie om die party in die tussenverkiesing te verteenwoordig.

Sy het inwoners van die kiesafdeling verseker sy sal hul lewenstandaard ophef.

“My nominasie is nie ’n persoonlike oorwinning nie, maar ’n oorwinning vir die Walvisbaai-kiesafdeling om ’n beter lewe vir al ons mense te verseker,” het sy gesê.

“Die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling se bevolking groei vinnig. Ek moet dus verseker hulle neem aan die hoofstroom-ekonomie deel en raak vaardig,” het sy gesê.

Volgens Topulathana se manifes gee sy voorkeur aan behuisingsprojekte.

Dit sluit die versterking van bande met die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFC) in.

Sy wil ook toesien dat ’n verpleegskool op Walvisbaai gevestig word en verseker bejaardes kry tydige mediese versorging deur hulle met die toepaslike owerhede in verbinding te bring.

Topulathana wil onder meer die plaaslike owerheid oortuig om die metodes vir die opruiming en verskaffing van sanitasie te hersien en te verbeter.

Ander kandidate wat in die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling meeding, sluit in die onafhanklike kandidate mnre. Knowledge Ipinge en Kenneth Iilonga, asook die Popular Democratic Movement (PDM) se mnr. Richard Hoaeb.

Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het 23 169 mense geregistreer om in die tussenverkiesing te stem.

Die posisie van stedelike raadslid vir Walvisbaai is oop nadat mnr. Hafeni Ndemula bedank het om sy verpligtinge as parlementslid na te kom.

Hy was nommer 35 op Swapo se Nasionale Vergadering(NV)-kandidaatslys.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

6 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

6 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

6 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

6 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

6 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

6 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...