Nudo-verkiesing 'geskiedkundig'
Denver Kisting – Die verkiesing van me. Esther Muinjangue as die National Unity Democratic Organisation (Nudo) se president word allerweë as ’n geskiedkundige hoogtepunt vir veral vroueregte bestempel.
Muinjangue is die afgelope Saterdag as Nudo se nuwe leier verkies.
Mnr. McHenry Venaani, president van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), was gister vol lof oor Muinjangue se oorwinning.
“Dit is ’n geskiedkundige oomblik vir geslagsbevryding in die politiek en ek wens persoonlik vir Muinjangue alles van die beste toe.”
Gelukwensinge het selfs uit Swapo-geledere gekom.
Die regerende party het Muinjangue gister by monde van sy sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, met haar verkiesing gelukgewens.
Nampa berig Muinjangue se grootste teenstander, mnr. Vetaruhe Kandorozu, het Muinjangue ook sy steun toegesê.
Muinjangue het tydens Nudo se buitengewone kongres 240 stemme op haar verenig teenoor Kandorozu se 227.
Sy kon gister nie vir kommentaar bereik word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie