NTE ‘Move It’ lank na sonsondergang
NTE ‘Move It’ lank na sonsondergang
24 November 2020 | Byvoegsels
Die vierstuks van Sunset Sweatshop het nog nooit vantevore Namibië besoek nie.
Ian Heyns, Victor Green, Bruce Sonnekus en Richard Dicks is plat-op-die-aarde ouens van Belville wat op hul gelukkigste is wanneer hulle musiek maak.
“Ons het almal gewone 9-tot-5-beroepe gehad, en kon net na ure bymekaar kom om te speel. Selfs toe ons begin gigs speel, was dit in kroeë waar daar net twee van ons vriende gesit het. Ons het vir basies niks gespeel nie, soos goedkoop handearbeid. Vandaar ons band se naam, Sunset Sweatshop,” het hulle verduidelik.
Hoewel hulle liedjies soos die treffers “Coming Along” en “Move It” sterk deur reggae- en folkmusiek geïnspireer is, wil hulle nie hul musiek tot ’n spesifieke genre beperk nie.
“Die beste manier om ons klank te beskryf, is ‘goedvoel-musiek’. Ons wil net ’n glimlag op mense se gesigte sit wanneer hulle na ons luister,” vertel hulle.
Sunset Sweatshop het die laaste aand van die ekspo die moeite werd gemaak en ’n gemoedelike atmosfeer geskep met hul “goedvoel”-musiek en al die gees wat hulle saamgebring het. Benewens hulle bekende treffers, het hulle ook ekspogangers bederf met twee splinternuwe enkelsnitte. Die band is reeds opgewonde om weer ’n draai in Namibië te kom maak.
“Ja, die bier is lekker, maar die gin is fantasties!” sê hulle. Hulle het ook net lof gehad vir Namibiërs se gasvryheid.
“Dankie Namibië, julle is pragtig!”

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
1 uur gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies