NSSU se ludorums almal van Khomas
Atletiek
Die Khomasstreek het die meeste medaljes ingeoes by die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale atletiekkampioenskap wat Vrydag en Saterdag afgehandel is.
Khomas se 37 goue medaljes, 28 silwer en 25 brons (’n totaal van 90) was ver meer as die tweede geplaaste Otjozondjupa se totaal van 29 medaljes (12 goud, nege silwer, agt brons).
Derde op die lys was Hardap (totaal 23), gevolg deur Erongo (20) en ||Kharas (19).
Op individuele vlak was die ludorum-pryse al vier deur atlete van Khomas beklink. Die viertal was:
Senior victor ludorum: Zack von Wielligh (o.15), 2553 punte.
Senior victrix ludorum: Dané van Zyl (o.15), 2657 punte.
Junior victor ludorum: Joritha Delie (o.13), 2122 punte.
Junior victrix ludorum: Mathew Raubenheimer (o.13), 2428 punte.
• Meer volledige berig in môre se Republikein – insluitend die ses nuwe NSSU-rekords (waarvan een geëwenaar) wat by die byeenkoms opgestel is.
FOTO:
Van links is Zack von Wielligh, Joritha Delie, Mathew Raubenheimer en Dané van Zyl. Foto Enzo Amuele (My Zone)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie