NSSCO: Voltydse kandidate vaar swakker
Voltydse graad 12’s het in die NSSCO-eksamen effe swakker presteer as in die vorige jaar.
Ronelle Rademeyer - Die aantal voltydse graad 12-kandidate wat G-simbole en hoër vir vakke in die nasionale senior sertifikaat-eksamen op die gewone vlak (NSSCO) behaal het, het effens gedaal.
Dit beteken daar was in 2018 meer kandidate wat nie die pyp gerook het nie as in 2017 – 6,7% ongegradueerde kandidate teenoor 6,3% in 2017.
Altesaam 93,3% voltydse kandidate het G-simbole en hoër behaal, teenoor die 93,7% in 2017.
Verder was daar ook ’n afname in A-plus- en A-simbole onder die voltydse kandidate. Wat B’s en C’s betref, lyk die prentjie dieselfde, met meer D- en minder E-, F- en G-simbole as in 2017.
Van die 56 534 leerlinge wat vir die eksamen gesit het, was 23 594 voltyds by skole ingeskryf. Die res (32 940) was deeltydse kandidate. In totaal is dit 0,4 %, of 229 kandidate méér as in 2017.
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het gister herhaaldelik gesê die ministerie verdien ’n handeklap vir die goeie prestasie wat behaal is. “Omake! Ons moet sê: ‘omake’,” was haar woorde. Oudminister Marlene Mungunda, een van haar groot ondersteuners en lofsangers, het kort-kort juigend hande geklap en ’n paar keer ook gedans as Hanse-Imarwa op die prestasies klem gelê het.
Wat die deeltydse kandidate betref, was daar ’n daling van 1,5% in die aantal vakke waarin kandidate swakker as ’n G-simbool gevaar het.
“Die Klas van 2018, insluitend voltydse en deeltydse kandidate, het uitsonderlike prestasie getoon. Die uitslae dui op ’n geleidelike verbetering van 2014 af en hierdie beweging in die regte rigting is bemoedigend,” het die minister gesê.
In 2014 was die druipsyfer in die 151 388 vakinskrywings 11,2%. In 2018 was dit 10,2% terwyl die vakinskrywings 183 361 beloop het.
Altesaam 40,4% van die 2018-kandidate het vir Engels (eerste en tweede taal) ’n D-simbool of hoër (4 of hoër op hoërvlak) behaal en kan dus aan ’n universiteit gaan studeer, terwyl 37,8% net vir ’n diploma- of sertifikaatkursus kan inskryf omdat hulle E- en F-simbole behaal het.
In 2017 het 39,3% van die kandidate universiteitstoelating gehad.
Die St. Boniface Catholic College naby Rundu het weer eens skoonskip gemaak en agt uit die tien toppresteerders opgelewer. (Sien die berig op bl. 3.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie