NSFAF vervroeg sperdatum vir aansoeke

Uitstaande geld binnekort betaal

15 February 2018 | Onderwys
Maria Eiseb

Voornemende studente sal moet opskud indien hulle vanjaar finansiering vir hul studies wil ontvang.

Die Nasionale Hulpfonds vir Studente (NSFAF) het tydens ’n nuuskonferensie aangekondig die sperdatum vir studente om aanlyn te registreer, is met ’n week vervroeg.

Die fonds het ook te kenne gegee hy beoog om van die betalings wat sedert verlede jaar aan studente verskuldig is, te maak.

Mnr. Olavi Hamwele, die NSFAF se hoof van menslike hulpbronne en korporatiewe sake, het gesê die sperdatum is verskuif van 28 na 16 Februarie.

Volgens Hamwele is dié stap met goeie rede gedoen, sodat aansoeke so gou moontlik afgehandel kan word.

Hy het gesê tyd het die fonds vantevore ingehaal en dié stap is ’n poging om verlede jaar se fiasko te verhoed.

Volgens Hamwele het sowat 35 000 voornemende studente al op die webblad aangeteken, waarvan 31 000 ná die korrekte verskaffing van hul besonderhede deur die stelsel geregistreer is.

Sowat 11 189 aansoeke is reeds aanlyn voltooi en sowat 610 is hangend, het hy gesê.

“Indien ’n individu aansoek gedoen het, maar nie die nodige dokumente verskaf het nie, sal die aansoek steeds hangend wees,” het hy gesê.

Hamwele het studente gemaan om betyds aansoek te doen sodat hulle nie agtergelaat word nie.

“Sowat 11 023 aansoeke is reeds aanlyn geregistreer. Ons wil graag vroeg sluit sodat ons met die nagaan daarvan kan begin."

Volgens Hamwele moet aansoeke binne ’n maand afgehandel word sodat die betalingsproses ’n aanvang kan neem.

Mnr. Simon Taapopiweet, sekretaris-generaal van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het by die nuuskonferensie gesê dit is belangrik dat alle voornemende studente van die vervroegde sperdatum in kennis gestel word.

"Ons wil niemand uitsluit as gevolg hiervan nie,” het hy gesê.

Hamwele het gesê voorbereidings is reeds getref vir die betaling van fooie, klasgelde uitgesluit, uit die sowat N$75 miljoen wat die regering aan die fonds toegeken het.

Hy het gesê die uitbetalingsproses sal van vandag af ’n aanvang neem en sal waarskynlik tot volgende Vrydag voortduur.

Studente is gevra om geduldig te wees.

“Indien die geld nie Vrydag inbetaal is nie, stel die studenteraad en Nanso-lede in kennis daarvan,” het hy gesê.

"Ons onderhandel tans met belanghebbers oor vanjaar se uitbetalings. Wees net geduldig. Julle sal jul uitstaande gelde kry. Moenie mense opstook en verwarring op sosialemediaplatforms veroorsaak nie,” het Hamwele gesê.

Soortgelyk

 

Air Namibia vra nóg miljarde

6 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman - Air Namibia se topbestuur sê dit sal tussen N$2,5 en N$3 miljard kos om winsgewend en selfstandiger te word.By ‘n voorlegging aan...

175 ton op 136 wiele

6 ure gelede | Energie

Twee vragmotors het gister met ’n NamPower-transformator van 175 ton daarop deur die hoofstad gery.Die vrag word deur vier voertuie begelei en is op pad...

'Elke dag is die beste van my lewe'

6 ure gelede | Mense

Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander. Ná die ongeluk is hy meegedeel dat...

Weer vir 20 September 2018

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit baie warm wees, maar bloedig warm in...

Swakopmunder skuldig aan seksdade

6 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met...

Prins William kom kuier

6 ure gelede | Gebeure

Francoise Steynberg - Prins William gaan Maandag vir die eerste keer amptelik in Namibië kom kuier ná sy rooikop broer, Harry, die land al 'n...

Interpol-bal aan die rol vir Rooies

6 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en Interpol span tans kragte saam om ’n oudlanddros terug in Namibië te kry.Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se plaaslike...

‘Goue gonsers’ verower die kus

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Leandrea Louw - Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) was vanjaar die gasheer vir die derde, jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees. Dit was inderdaad ’n fees...

NSFAF vorder skuld liewer self in

6 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het op 14 September ’n ooreenkoms beëindig wat hulle met Tribesmen en die Suid-Afrikaanse New...