NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

08 February 2019 | Onderwys
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word.

Volgens die fonds het die verwerking van alle uitstaande fooie begin en sal studente van Maandag af hul geld begin ontvang. Dít volg nadat die geld deur die ministeries van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, sowel as van finansies vrygestel is.

Finale betalings sal voor 28 Februarie vanjaar geskied. Weens die aantal transaksies wat afgehandel moet word, het NSFAF studente versoek om geduldig te wees terwyl uitbetalings deur Nam-Mic uitgevoer word.

Betalings sluit in uitstaande klasfooie aan studente verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Internasionale Universiteit van Bestuurswese (IUM).

Betalings sal voorts aan ander instellings van hoër onderrig teen ‘n toepaslike voorafbepaalde bedrag gemaak word. Dit sluit ook betalings aan internasionale en nagraadse studente teen ‘n voorafbepaalde koers in.

Studente wat geen betalings vir die 2018-boekjaar ontvang het nie, moet volgens NSFAF met hul onderskeie instellings in verbinding tree om te verseker rekeninge word aan die hulpfonds gestuur om betaling te verseker.

Die NSFAF het intussen sy kommer uitgespreek oor Namibiese studente wat in die buiteland sonder finansiële ondersteuning van hul ouers of ander instellings studeer.

Volgens die hulpfonds “verwag” dié studente om vanselfsprekend deur NSFAF gefinansier te word sonder dat hulle aan die finansieringsvereistes voldoen, en om deur middel van die gebruiklike aanlyn aansoekproses aansoek vir finansiering te doen.

“Studente en die algemene publiek moet by die NSFAF aansoek doen en aan die finansieringsvereistes voldoen om in die buiteland te studeer,” sê die hulpfonds in ‘n verklaring.

Om aanvaar te word by ‘n instelling van hoër onderrig buite Namibiese grense verseker volgens die NSFAF nie outomatiese kwalifisering vir finansiering nie.

“Alle internasionale aansoekers word aan die normale NSFAF-finansieringsvereistes onderwerp.”

Dié vereistes sluit in ‘n minimum van 35 punte in graad 12 in vyf vakke en ‘n E in Engels om medies en ingenieurswese te swot.

Vir enige ander voorkeurstudierigtings buiten die bogenoemde moet aansoekers 30 punte in graad 12 in vyf vakke en ‘n E in Engels behaal.

Aansoekers wat aan ‘n sentrum vir beroepsonderrig wil studeer, moet ‘n minimum van 25 punte in graad 12 in vyf vakke hê. Oorweging sal egter geskenk word aan programme wat nie in Namibië aangebied word nie.

“NSFAF sal nie verantwoordelik gehou word vir studente wat op eie stoom in die buiteland gaan studeer, sonder dat hulle aan die bogenoemde vereistes voldoen nie.”

Aanlyn aansoeke vir 2019 kan steeds tot 28 Februarie gedoen word.

Aansoekers word gemaan om alle vereiste dokumente voor die sluitingsdatum op te laai.

Meer besonderhede is op die hulpfonds se webtuiste www.nsfaf.fund beskikbaar.

Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of skakel (061) 434 6000 vir meer inligting.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

11 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

11 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...