NRU mik om liga in Augustus te laat afskop

Rugby

29 June 2020 | Sport
Die opsies vir ’n terugkeer na rugby-aktiwiteite gedurende vlak 4 van die Covid-19-noodtoestand is in diepte bespreek tydens die Namibië Rugby-unie se jaarvergadering en die besluit is geneem om kompetisie in Augustus te hervat.

Die NRU se ligas (premierliga, reserweliga en eersteliga) sal in ’n enkelronde beslis word.

Ondanks die beginselbesluit word uitgewys dat ’n veilige terugkeer vir rugby as kontaksport met geweldige en verreikende uitdagings gepaard gaan. Klubs sal verskeie ingrypende maatreëls moet toepas om die risiko van oordrag en verspreiding van Covid-19 te verhinder.

Die jaarkongres by die Safari Hotel in Windhoek het ook met die verkiesing van die uitvoerende raad gepaard gegaan.

Die uitvoerende komitee het die mandaat van die land se rugbyklubs verkry om die strategiese inisiatiewe uit te voer vir die volgende vierjaarsiklus wat op die 2023 Wêreldbeker in Frankryk, asook die beslissende kwalifiserende reekse van Rugby Afrika in die voorafgaande twee jare, sal uitloop.

Volgens die president, mnr. Corrie Mensah, word die afwesigheid van “nuwe bloed” gesien as die Namibiese rugbyklubs se vertroue in die werk en prestasie van die raadslede die afgelope twee jaar.

Die volgende bestuursposisies is almal onbestrede gevul:

President: Corrie Mensah.

Visepresident vir bestuursake: Walter Don.

Sentraal (twee verteenwoordigers): James Camm en Johannes Ockhuizen.

Weste-verteenwoordiger: Chandler Plato.

Noorde-verteenwoordiger: Steve van Wyk.

Skeidsregtersvereniging: William Steenkamp.

Skoleverteenwoordiger: Jannie Potgieter.

Verder is onderneem om spesialis-aanstellings by die volgende geskeduleerde raadsvergadering aan te wys, wat ’n regsverteenwoordiger, finansiële beampte en verteenwoordiger vir vrouerugby insluit. Die amp van visepresident vir rugbysake, tevore gehou deur mnr. Ivan Gaya, moet ook gevul word.

By die vergadering is die jaarlikse finansiële state aanvaar, wat as ’n belangrike maatstaf in die vertoning van die uitvoerende komitee oor die afgelope twee jaar beskou word.

Die huidige NRU-grondwet, met enkele wysigings om onder meer in pas met die Sportkomissie se riglyne te wees, is ook aanvaar.

Die Namibiese Sportkommissie se hoofadministrateur, mnr. Simaata Mwiya, asook die Namibiese Namsionale Olimpiese Komitee (NNOK) se verteenwoordigende lid vir rugby, mnr. Dawie Augustyn, het ook die vergadering as waarnemers bygewoon.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

6 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

6 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

8 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

9 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

10 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

20 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

20 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...