NRU-kongres te midde van Covid-19 gehou

Rugby

26 June 2020 | Sport
Andrew Poolman – Min, indien enige, veranderinge aan die topbestuur van die Namibië Rugby-unie (NRU) is in die vooruitsig tydens die verkiesing wat môre deel van die algemene jaarvergadering vorm.

Die NRU-president, mnr. Corrie Mensah, en visepresident vir bestuursake, mnr. Walter Don, is beide onbestrede as enigste benoemings in hul ampte.

Mensah het in 2018 by sy voorganger, mnr. Bradley Basson, oorgeneem en sy volgende termyn van twee jaar blyk dus 'n formaliteit te wees.

Don het sy taak in September laas jaar by die oudskeidsregter mnr. Jacky Husselmann oorgeneem, wat vanweë werkdruk nie meer beskikbaar was nie.

Die vooruitsigte vir die visepresident vir rugbysake is ietwat onduidelik, met mnr. Ivan Gaya as die man in die amp sedert 2018 wie se benoeming nie ontvang was toe die nominasies in Maart vanjaar (voor die koms van Covid-19) gesluit het nie.

Mnre. James Camm en Steve van Wyk, onderskeidelik as verteenwoordigers vir die Sentraal- en Noordestreek, behoort ook as lede van die uitvoerende komitee bekragtig te word indien alles vlot verloop.



NUWE KLUBS

Teoreties behoort die aansoeke van twee nuwe klubs om by die NRU geaffilieer en in die ligastruktuur ingesluit te word, gesien te word as potensieel wonderlike nuus van groei vir die sport op die platteland.

Die Suide Knights, gebaseer op Stampriet, en die Okahandja Huskies is beide voornemens om in die NRU eerste liga mee te ding.

Die Rehoboth-klub St. Lou, wat reeds in 2019 toegelaat is om in die eerste liga te speel, se affiliasie behoort ook môre amptelik bekragtig te word nadat dié stap vanweë tegniese gebreke nie by die vorige jaarvergadering kon geskied nie.



COVID-PROTOKOL

'n Terugkeer na die speelveld te midde van die coronaviruspandemie sal ook môre 'n belangrike besprekingspunt wees.

As 'n kontaksport bly rugby steeds gehok, met blywende onsekerheid oor wanneer realisties oor die opstelling van 'n soort ligaprogram in die oorblywende deel van die gebruiklike rugbyjaar gepraat kan word.

Die onlangse skerp toename in gevalle van Covid-19 in die Erongostreek bring mee dat enige sprake van rugby vir die kus se klubs insluitend Kudus (premierliga), Sparta, Erongo Rugby Academy en Dolphin net nog verder in die toekoms aangedribbel word.

Grootfontein se span, wat in 2019 deur Ford geborg is en die eerste liga op indrukwekkende wyse gewen het, se toetrede tot die NRU premierliga is ywerig afgewag met die verwagting dat hulle van die topspanne behoorlike opdraand sal gee. Maar soos dinge staan, weet niemand wanneer hierdie vooruitsig bewaarheid gaan word nie.

Don het aan die koerant gesê die protokol vir hervatting sal by die jaarvergadering ter sprake kom.

“Hervatting is glad nie so eenvoudig as wat 'n mens op die oog af mag dink nie en daar is talle formaliteite wat eers afgehandel sal moet word. Met die veiligheid van spelers, bestuurslede en toeskouers kan ons nie kanse waag nie. Ons het wel 'n paar voorstelle op die tafel wat die naweek bespreek kan word.”

Die jaarvergadering begin môre om 09:00 by die Hotel Safari.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

7 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

7 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

10 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

10 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

11 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

21 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

21 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...