NOU AAN DIE GANG

13 December 2019 | Byvoegsels
» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir volwassenes. Jy kan by die ontvangs alle dokumenstasie kry en die heerlike reis deur die museum geniet. Daar is groot pryse vir die wenners op die spel. Die skattejag duur tot 5 Januarie. Die wenners word op 7 Januarie om 11:00 by die museum aangekonding. Die museum se toegangsfooie is van toepassing. Vir verdere inligting, besoek whatsonnamibia.com/events

» Fate of Miss H tree vanaand om 20:00 by The Wolfshack in Windhoek op. Kaartjies is by die deure beskikbaar.

» Die gewilde Windhoek City Market is vanaand weer aan die gang by die Windhoek Buitekluboord. Geniet die lieflike klanke van jazz-musiek deur talentvolle, plaaslike musikante terwyl jy aan ‘n wye verskeidenheid plaaslike en internasionale jenewers proe. Met iets vir almal is die Windhoek City Market ‘n uitstekende plek om ou vriende weer op te spoor en selfs 'n paar nuwes te maak. Die mark begin om 16:00 en kaartjies kan teen N$40 aanlyn by PayToday of by die deur gekoop word.

» Die gewilde Kersmarkie by The Shed skop môre om 09:00 af. ‘n Wye reeks kuns en kunsvlyt, dekor vir jou huis en tuin, kos, mode en ander lekkertes is beskikbaar. Kos- en drankstalletjies is ook beskikbaar. Die mark maak daagliks om 09:00 oop. Besoek hul Facebook-blad vir meer inligting.

» Geraas oppi Plaas bied môre ‘n eksklusiewe musiekgeleentheid by Jonno’s Bistro in die hoofstad aan. Die tema is neon en belangstellendes word uitgedaag om hul beste neonuitrusting aan te trek. Die partytjie begin om 17:00 en duur tot 02:00. Geen onder 18’s word toegelaat nie.

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans 'n veiling met 'n versameling artefakte van Afrika-kuns in die Swakopmund Museum aan. Daar is 'n verskeidenheid oorspronklike skilderye deur kunstenaars van onder meer Malawi, Zambië en Mosambiek. Die artefakte bevat oorspronklike musiekinstrumente uit Ghana en Namibië, 'n gekerfde Malawiese stoel, 'n trommel uit die Kavango, 'n geweefde mandjie uit Noord-Namibië, groot houtlepels, stokke en ornamente, gekerfde houtmaskers, beelde van hout en seepsteen, bakkies en borde. 'n Minimum bodbedrag word aan elke item toegedeel. Die bieër met die hoogste bod koop die item. Die verrigtinge begin stiptelik elke dag om 10:00.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Na die sukses van verlede jaar bied die Swakopmund Kunsvereniging sy tweede weergawe van die Little Big Things-uitstalling aan. Dit bestaan uit werke wat onder meer uit skilderye, collages, afdrukke, juweliersware, tekeninge, pottebakkery, 3D-werke, foto's en draad- of kralewerk insluit, almal 20x20 cm. Dit is by die Woermannhaus-galery te sien. Die uistalling is tot Vrydag oop.

Dinsdag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

Destined to inspire

2 dae gelede | Mense

Ester KamatiSem Mandela Uutoni’s desire for community development manifests itself in his work and is what drove him to pursue a bachelor’s degree in regional...

Make education your New Year’s resolution in 2020

2 dae gelede | Mense

Albin JacobsWith the holiday season drawing to a close it is time to focus on the new year, 2020. Almost everyone makes some kind of...

Dankbare dorre aarde

2 dae gelede | In beeld

“Die Karasberge in die Karasburg-distrik het onlangs vir die eerste keer in vier jaar reën gekry,” sê NP Esterhuyse, wat dié pragfoto geneem het.

Groot kanonne hoor kiessaak

2 dae gelede | Howe

Denver Kisting – Alle oë is vandag op Namibië se hoogste hof, die hooggeregshof, waar die land se heel eerste onafhanklike presidensiële kandidaat dié hof...

Katrina hoor gou oor appèl

2 dae gelede | Howe

Denver Kisting – Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sal eersdaags hoor of haar aansoek om verlof tot appèl geslaag...

Fearless manager - Game of Phones

2 dae gelede | Mense

Michelline NawatisesLeandro van Wyk, call centre manager at MultiChoice Namibia, started his career in the banking industry in 2001 as a back-office ledgers clerk, after...

Connecting clients to the correct networks

2 dae gelede | Mense

Ester Kamati With internet connection, there is no stopping Macveren Kapukare, a telecommunication engineering graduate who is passionate about making a difference in the world...

Oudonderwyser sit steeds

2 dae gelede | Howe

Denver Kisting - Die 69-jarige man, wat sedert verlede naweek op Rehoboth in polisieaanhouding is weens beweerde verkragting, se formele aansoek om borgtog het nie...

Aandag alle bruidspare!

2 dae gelede | Gebeure

Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie skop weer vandag af. Paartjies wat tussen 1 Maart 2019 en 29 Februarie 2020 getroud is, kan vir vanjaar...