Noordoewer se sjef Marais laat die gemeenskap smul

Die oewerdorp Noordoewer se hart klop warm danksy gasvrye mense.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Vir baie Namibiërs is Noordoewer net ’n warm, droë nedersetting op die oewer van die Oranjerivier.

Omdat die min of meer halfpad tussen Windhoek en Kaapstad geleë is, beskou reisigers dit as ’n oorslaapplek, maar bitter selde as ’n bestemming op sigself.

Doen jouself volgende keer die guns en maak Noordoewer deel van jou reisplanne. As jy soos ek gedink het “warm, droog. . . hou verby”, gaan jy die verrassing van jou lewe kry.

Begin sommer jou verkenning by Noordoewer Guesthouse van Marais van der Merwe.

Marais (36) se ouers, Nico en Marie van der Merwe, het 38 jaar gelede die bekende boerdery Sonop Farms op die vrugbare oewer van die Oranjerivier gevestig.

Met Marais se ouer broer, Nico (jr.) en sy tweelingbroer, Albert, deesdae aan die stuur van sake, is Sonop vandag een die grootste groenteprodusente in Namibië. Hulle verbou tamaties, kersietamaties, botterskorsies en soetrissies en voer ook tafeldruiwe na die buiteland uit.

Marais, eienaar en bestuurder van die gastehuis, “boer” op ’n ander manier ewe lekker saam. As gekwalifiseerde sjef wat aan die Institute of Culinary Arts (ICA) op Stellenbosch gestudeer het, ontwikkel hy allerlei produkte met dít wat Sonop verbou.

Dit sluit in botterskorsiebeskuit, tamatie- en rissieblatjang, geroosterde rissiesous, pastasouse met tamatie as hoofbestanddeel, konfyte en nog ’n rits ander produkte wat aan gaste voorgesit word of by die gastehuis verkoop word.

Sy passie vir kosmaak kom van sy ma, vertel Marais. “As kinders moes ons van jongs af met die plaaswerk help. Of dit nou was om volstruise te pluk of spanspekke uit die lande te ry. . .” Maar, sê Marais, hulle het ook beurte gemaak om ma Marie in die kombuis te help.

Marais het weldra besef dit is waar sy liefde eintlik lê. “Ons het met sterk familiewaardes grootgeword en om almal om die tafel vir ete aan te sit, was deel daarvan. In vandag se gejaagde lewe gaan baie van hierdie waardes verlore.”

Marais sê omdat hy op ’n klein plekkie grootgeword het, het hy by sy ma geleer om kos te maak met dit wat in die huis beskikbaar was. “As jy ’n bestanddeel gekort het, kon jy nie Springbok toe ry nie. Jy moes maar improviseer.”

Hy sê dit is hoekom produkontwikkeling vir hom so lekker is. “Ek hou daarvan om ’n rou tamatie te vat en ’n interessante ingelegde produk te skep. Ek het nou die dag gekaramelliseerde druiweblatjang gemaak en toe gebruik ek dit om ’n skaapboud mee te marineer. Ek hou ook baie daarvan om brood te bak.”

Van gebak gepraat: Gesels jy met die ander oeweraars, vertel hulle jou gou Marais is die een wat al die verjaardagkoeke bak en die spyseniering vir die gemeenskap doen.

“Hoewel daar net twee van die destydse 15 kommersiële boerderye by Noordoewer oor is, naamlik Sonop en Omega Boerdery van Abrie en Ansa Olivier, is hier ’n klomp jong mense in die gemeenskap wat dit lekker maak om hier te woon,” vertel Marais.

Baie van hulle is in diens van die maatskappye wat by Aussenkehr tafeldruiwe verbou, of is betrokke by die avontuurgroepe soos Bundu, Amanzi Trails en Felix Unite wat witwaterkanovaarte op die Oranjerivier aanbied.

Al styg die kwik op Noordoewer op ’n somersdag maklik tot 40 grade en hoër, klop dié oewerdorpie se hart danksy die gawe mense net so warm.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.72/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.60/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 89.17/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 911.72/OZ DOWN -0.0046 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.72/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.60/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 89.17/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 911.72/OZ DOWN -0.0046