NOORDERLIG: Anastasia wil plaasatmosfeer skep
Restaurant brei uit
Ester Kamati op Outjo
Entrepreneur Anastasia Gabathuler is tans besig om die Farmhouse Restaurant uit te brei en op te gradeer, en sy dink voortdurend aan nuwe maniere om haar besigheid volhoubaar te hou.
“Ek is nogal haastig, sodat alles reg is teen die tyd wat toeriste gereed is om te kom,” sê sy.
Anastasia, ’n vriendelike en talentvolle siel wat veral bekend is vir haar kos en gebakte produkte, word nie verniet die “cake queen” op Outjo en elders genoem nie. Sy aanvaar bestellings van oraloor die land; stuur koeke na Windhoek en selfs tot in Keetmanshoop.
Op ’n plaas gebore en getoë, het Anastasia ’n plaasskool bygewoon voordat sy Outjo toe is om haar hoërskoolloopbaan te voltooi. Daarna verhuis Anastasia na Suid-Afrika en ontmoet sy haar man in Johannesbrug. Hulle is saam Switserland toe waar hulle drie jaar gewoon en sy kookkuns studeer het.
“Ek hou daarvan om myself besig te hou en met mense te gesels,” sê sy.
Dit was juis deur gesels dat sy die eienaar van die Farmhouse geword het. Dit het destyds aan ’n afgetrede vrou behoort wat langs die kus gebly het. Dié was ook ’n gereelde kliënt by die lodge waar Anastasia gewerk het.
Toe die vrou laat blyk sy wil die Farmhouse sluit, het Anastasia nie op haar laat wag nie, en ondanks twyfel en uitdagings, het sy by die naaste bank vir ’n lening aangeklop en kort voor lank het haar reis met die Farmhouse begin.
Die Farmhouse was aanvanklik ’n koffiekroeg, maar kort voor lank is ’n paar kamers bygevoeg asook ’n biertuin. Die ou gebou is meer as 90 jaar oud en is geleë waar die treinstasie destyds was.
Aangesien Anastasia nog talle toekomsplanne het, brei die Farmhouse voortdurend uit.
Benewens die huidige opgraderings wat 20 kamers insluit, is ’n kampplek ook in die vooruitsig. Boonop is ’n nuwe biertuin en ’n nuwe kombuis vir die restaurant, waarvoor Anastasia na vyf sterre mik, ook op die oomblik in wording.
“Ons mik hoog; ons wil mense na die Kunenestreek lok,” sê sy.
Anastasia self is verantwoordelik vir die ontwerp en beplanning van die uitbreidings.
“Die ontwerp is ’n mengelmoes, geskep deur ’n Damara-vrou!” skerts sy.
“Ek het besluit ek wil my eie ding doen en my eie plaasopstal-styl uitleef.
“Dit voel so asof waar ookal jy kom, alles Europees is. As jy na ’n restaurant gaan, maak hulle internasionale kos; hulle vergeet van plaaslike en tradisionele kos. En daar is soveel plaaslike disse wat ons kan bedien wat internasionale kliënte en toeriste kan kom geniet.”
Anastasia sê sy verkies om ’n plaaslike gevoel te skep om vir haar kliënte ’n volledige plaaservaring te bied en iets anders te gee as waaraan hulle gewoond is.
“Hulle moet voel, ‘wow, ek is regtig op ’n plaas’!”
Sy voeg by Outjo is ’n gerieflike plek waar mense kan aandoen terwyl hulle op pad is na bestemmings soos Etosha – nie net vir brandstof of water nie, maar vir ’n heerlike sny koek by die Farmhouse Restaurant.
Anastasia is ’n onafhanklike vrou wat daarvan hou om haar idees te implementeer.
Die meeste van wat sy doen, het sy haarself geleer, soos binnenshuise versiering. Sy probeer ook haar projekte self finansier.
Die restaurant verskaf werk aan 15 personeellede wat in skofte werk, terwyl 12 werkers by die konstruksie betrokke is. Daar is ook twee skoonmakers en twee tuiniers by die gastehuis.
Die nuwe restaurant sal na verwagting op 30 Oktober open.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie