Noorde Sondag sonder krag
Die nasionale elektrisiteitverskaffer NamPower het aangekondig vier noordelike streke sal Sondagoggend sonder krag wees. Dié onderbreking is geskeduleer vir 07:00 tot 13:00 en sal inwoners van die Otjozondjupa-, Oshikoto-, Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek raak. Volgens NamPower se noordelike gebiedsbestuurder, mnr. Petrus Immanuel, is die onderbreking nodig om dringende instandhoudingswerk aan die Omburu-Gerus 220kV-kraglyn te doen. Hy sê Otjiwarongo, Tsumeb, Grootfontein, Otavi, Oshivelo, Omuthiya, Rundu, Nkurenkuru en omliggende dorpies sal geraak word. “Die publiek word gewaarsku om alle kraglyne en elektrisiteitspunte as gelaai te beskou, aangesien geen kennisgewing vooraf gegee sal word oor wanneer dit weer aangeskakel sal word nie,” sê hy. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie