Noorde in greep van erge waterkrisis
Ronelle Rademeyer - Skade weens verspoelings aan die kanaal wat water vanaf Calueque tot by Oshakati en omliggende dorpe in die sentrale Noorde, het daartoe gelei dat reservoirs tans net sowat 30 persent vol is.
Dit beteken dat kraanwater net vir kort tye daagliks beskikbaar is.
Dié aankondiging is pas deur dr. Vaino Shivute, hoof uitvoerende beampte van Namwater, tydens 'n dringende nuuskonferensie in Windhoek gemaak.
Vyf spanne is ontplooi en sowat 300 plaaslike werkers sal gewerf word om met herstelwerk te help. Daar sal die naweek sonder ophou gewerk word, het Shivute beloof.
Intussen sal water ook met tenkwaens na byvoorbeeld hospitale geneem word.
Hy sê die probleem word vererger aangesien water wat uit die oshonas onttrek en gesuiwer word, van 'n baie swak gehalte is. "Omtrent 40 persent van dié water kan ons nie gebruik nie."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie