Noodplan vir water op die tafel
Noodplan vir water op die tafel

Noodplan vir water op die tafel

Windhoekers móét 30% bespaar
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – ’n Noodplan vir Windhoek se watersekuriteit oor die volgende 18 maande gaan sowat N$273 miljoen kos en sal nie sonder 30% waterbesparings uitgevoer kan word nie.

Boonop gaan dit behels dat tien keer meer water uit die Windhoek-akwifer onttrek moet word as wat dit op natuurlike, volhoubare basis kan lewer en dat die munisipaliteit self in 90% van die stad se vraag na water moet voorsien.

Voorts moet die boorgate in die Windhoek-akwifer teen einde Desember in volle in werking wees asook ’n spesiale installasie by die Von Bachdam wat NamWater in staat sal stel om die laaste bietjie water uit dié dam te onttrek.

Die kabinetskomitee vir die sekuriteit van watervoorsiening tesame met sy tegniese komitee van waterkenners het gister by die ministerie van water, landbou en bosbou terugvoering gegee oor ’n noodplan vir Windhoek se waternood.

Die voorsitter van die tegniese komitee en adjunk- permanente sekretaris in die departement van water en bosbou in die ministerie, mnr. Abraham Nehemia, het gesê die komitee het die waternoodsituasie in fases aangepak, waarvan die eerste is om die kritieke watertekort in Windhoek die hoof te bied.

“Ons moes seker maak dat Windhoek oor die volgende 18 maande tot 1 Januarie 2018 nie droogloop nie. Die tweede fase behels die beplanning vir watersekerheid vir ’n verdere twee jaar en fase drie behels langtermynwatersekerheid vir die hele land,” het hy gesê.

Mnr. Pedro Maritz, ’n tegniese adviseur uit die komitee, sê die oorlewingsplan is opgestel asof geen reën tydens die komende seisoen gaan val nie.

WATER UIT DIE KARST

Tans word waterpompe by die Berg Aukas- en Kombatmyn teen N$9,7 miljoen opgradeer en word water hiervandaan, asook vanaf nuwe boorgate in die Karstveld naby Grootfontein na Windhoek gepomp.

Maritz het gesê NamWater het intussen boorgate in die Karstveld-akwifer naby Grootfontein ontwikkel, waaruit jaarliks sowat 11,5 Mm³ water vir Sentraal-Namibië onttrek sal word.

“Dit is ‘n noodmaatreël om die beskikbare water in die Von Bachdam so lank as moontlik te laat hou terwyl die nuwe boorgate in die Windhoek-akwifer in werking gestel word.

“Oor die volgende 18 maande sal Windhoek sowat 30% van sy water vanaf die Karstgebied moet kry. Dit sluit die Berg Aukas- en Kombatmyn waterbronne in,” het hy gesê.

“Voorts sal die Karst 1-boorgat minstens 700 m³ water per uur aan die Von Bachdam verskaf, terwyl 750 m³ water per uur vanuit die Kombatmyn en sowat 550 m³ per uur uit die Berg Aukasmyn gepomp word.

“As dit by die gebruik van ondergrondse waterbronne kom, is dit belangrik dat ons ’n punt bereik waar dit volhoubaar gebruik word. Ons monitor die watervlakke in die Karstgebied baie versigtig sodat ons dit nie ‘myn’ nie,” het Maritz gesê.

Terselfdertyd sal skoonmaak- en herstelwerk van sowat N$13 miljoen tot vroeg in 2017 aan die waterkanaal tussen Grootfontein en die Omatakodam aangebring word om waterverliese te verminder.

Volgens Maritz sal ’n spesiale installasie ook by die Von Bachdam aangebring word om die laaste water uit die dam te onttrek. Dit sal volg as die damvlakke teen die einde van die jaar te laag sal wees dat dit soos gewoonlik uitgepomp kan word.

So ’n installasie is reeds in die Swakoppoortdam aangebring en die laaste water in dié dam gaan nou slegs aan Karibib en die Navachabmyn.

“Dit beteken die Swakoppoort- en die Von Bachdam sal teen Julie 2017 dolleeg wees,” het Maritz gesê.

WINDHOEK-AKWIFER ‘GEMYN’

Mnr. Pierre van Rensburg, die munisipaliteit se strategiese uitvoerende hoof van infrastruktuur, water en tegniese dienste wat ook op die tegniese komitee dien, sê ter wille van oorlewing sal die Windhoek-akwifer in die volgende 18 maande ver bó volhoubare vlakke gebruik moet word.

“Ons het reeds 27 boorgate wat in sowat ’n kwart van Windhoek se waterbehoefte voorsien. Voorts word 12 nuwe boorgate gesink, wat water in baie groter volumes kan onttrek en dubbel die hoeveelheid water kan verskaf wat die bestaande 27 kan doen.

“Dit beteken egter ons sal die akwifer ‘myn’, maar ons hoop dat ons nie te lank hiermee sal hoef voort te gaan nie. Ons het sowat twee tot drie jaar se watervoorraad in die akwifer.

“Ons sal egter infrastruktuur moet ontwikkel om die akwifer in goeie reënjare kunsmatig te hervul. As ons dit nie doen nie en weer ’n droogte of ’n nog ’n waterkrisis in ses tot agt jaar beleef, sal die akwifer nie as ’n noodmaatreël gebruik kan word nie,” het Van Rensburg gesê.

WATERBESPARINGS NOODSAAKLIK

Van Rensburg het gesê al kom reën dit binnekort of al is die boorgate in die akwifer voltooi, is Windhoek se waternood nie opgelos nie.

“Wanneer die damme droogloop, moet die munisipaliteit in 90% van die stad se watervraag voorsien. Dit sluit 30% besparings deur inwoners in. As ons nié die besparings kan behaal nie, sal ons noodplan vir water faal.

Maritz het ook gesê vanaf volgende jaar sal amper al Windhoek se water vanaf ondergrondse waterbronne kom. Volgens hom het Sentraal-Namibië die punt bereik waar dit meer water gebruik as wat beskikbare bronne kan bied.

“Beide die gebruik van ontsoute seewater of die water van grensriviere gaan massiewe projekte wees, maar is nodig vir ’n volhoubare toekoms.

“Daar bestaan ’n persepsie dat ons ‘n massiewe impak op Kavangoriviersal hê as ons van daardie water gebruik maak. Daar vloei egter sowat 11 000 Mm³ water per jaar in dié rivier. Windhoek gebruik tans, sonder besparings, sowat 30 tot 33 Mm³ water per jaar. Dit is minder as 0,3% van die water wat jaarliks in daardie rivier vloei,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.63/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.94% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.34% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.63/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.94% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.34% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022