Nommerpasbeleid vir grond nie die oplossing
Nommerpasbeleid vir grond nie die oplossing

Nommerpasbeleid vir grond nie die oplossing

Deegliker konsultasie is nodig vir die wet op grond en beleid­making moet nie uit die openbare oog verwyder word nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het voorgestel die grondhervormings­proses word deeglik hersien voordat openbare kommentaar toegelaat en die wet op grond in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê word.

Die IPPR sê versuim om die ingewikkelde en subtiele verskille in grondkwessies oral in die land te erken en ontleed, het meegebring dat 'n nommerpasbeleid wat blyk in sommige streke te werk, in ander verwerp word en in kommunale gebiede wat van veeboerdery afhanklik is, as heeltemal nutteloos geag word.

Die IPPR het gesê die afwesigheid van betekenisvolle konsultasie ter voorbereiding van die grondbeleid en wet weerspieël korttermyn- politieke­ opportunisme, eerder as om werklike grondadministrasie en verblyfregkwessies op te los, en verwyder beleidmaking uit die openbare oog.

“Die opstel van grondbeleide en wette in Namibië is hoofsaaklik die voorreg van politici. Dit bring die risiko van politieke­ opportunisme eerder as langtermynoplossings mee, wat in beleide en wetgewing weerspieël word,” aldus die IPPR.

Die instituut het ook voorgestel die grond- en landbousektor word in 'n omvattende landbouhervormingsprogram geïntegreer.

Die handves oor grond wat in November verlede jaar deur die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, ter tafel gelê is, het dit ten doel om die Landbou (Kommersiële) Grondhervormingswet van 1995 en die Kommunale Grondhervormingswet van 2002 te konsolideer en wysig om te verseker alle grond in Namibië het dieselfde status.

Dit maak onder meer ook voorsiening vir 'n enkele grondstelsel waarvolgens Namibiese burgers gelyke regte, geleenthede en sekuriteit geniet, ongeag waar hul grond geleë is.

Die IPPR het gesê hoewel die handves al die kenmerke het van wetgewing wat sonder 'n omvattende beleidsraamwerk opgestel is, dit wel 'n paar positiewe­ veranderinge aan bestaande wette kan meebring.

Een daarvan is dat prosedures om teen besluite in tradisionele owerhede en grondrade in kommunale gebiede te appelleer, nou duideliker is.

Die IPPR sê dit sal eers moet sien of gegriefde partye wel toegang tot die voorgestelde proses sal hê.

Die handves verskaf ook meer besonderhede oor die inhoud van gebruiklike grondregte en die modaliteite van waar gebruiklike grondregte van toepassing is. Die IPPR sê hoewel dit die aanspreeklikheid van tradisionele owerhede in die algemeen sou verbeter, dit nie genoeg doen om verantwoording af te dwing nie.

In die kommersiële sektor blyk dit asof die handves die magte en funksies van die advieskommissie oor grondhervorming (LRAC) verminder, aldus die IPPR.

Hier is die minister by magte om besluite oor talle belangrike aspekte van grondhervorming te neem sonder om die LRAC te raadpleeg.

Eweneens is die land se twee belangrikste landbou-organisasies, die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU), nie meer outomaties op die LRAC verteenwoordig nie.

Plaaslike hervestigingskomitees gaan gestig word, maar hul magte en funksies word nie in die handves uiteengesit nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25%