Nog stemme van verset teen inhokking
Nog stemme van verset teen inhokking

Nog stemme van verset teen inhokking

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Terwyl gevalle van die Omicron-variant van Covid-19 in talle oorsese lande bevestig word en midde 'n groot waarskynlikheid dat die variant reeds op eie bodem aanwesig is, het nog stemme in Namibië gister teen groot dele van die wêreld se inhokking van Suider-Afrika opgegaan.

Mnr. Pohamba Shifeta, minister van die omgewing, bosbou en toerisme, het hierdie inperkings as “onaanvaarbaar, diskriminerend en teenstrydig” met die raad van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) verwerp.

Op die vooraand van die feesseisoen sal die optrede volgens Shifeta 'n verwoestende uitwerking op toerisme en almal hê wat van die bedryf afhanklik is. Die minister het gesê diplomasie sal ingespan word om lande te oortuig om hul besluite te heroorweeg.

Mnr. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, het gesê die inperkings sal tot die totale verlamming van die ekonomieë van die geraakte lande lei.

“Ons praat van 'n gesamentlike bevolking van meer as 300 miljoen mense wie se lewens op die spel is en die res van die wêreld slaan die deur in ons gesig toe sonder enige konsultasie, ondanks al die toegewydheid wat ons getoon het. Dit is krimineel!”

Plaaslik het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gesê die uitslae van genoomtoetsing vir die variant in Namibië word voor Vrydag verwag.



VERDRAG OOR PANDEMIES

Die direkteur-generaal van die WHO, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, het gister gesê Covid-19 het fundamentele swakplekke in die globale argitektuur vir voorbereiding en reaksies op pandemies blootgelê en vererger.

Hy was aan die woord tydens 'n ­spesiale sitting van die WHO wat ook virtueel deur Namibië se minister van gesondheid en maatskaplike dienste asook verskeie lede van die land se taakspan vir immuniserings bygewoon word.

Die beste manier om die ­swakplekke te takel, is volgens Ghebreyesus 'n wettige en bindende internasionale ooreenkoms; “gesmee uit die erkenning dat ons geen toekoms buiten 'n gesamentlike toekoms het nie. Die tyd het vir lande gekom om in te stem tot 'n algemene, bindende benadering tot 'n gedeelde bedreiging wat ons nie ten volle kan beheer of voorkom nie”, het hy gesê.

Omicron beklemtoon volgens Ghebreyesus hoe “gevaarlik en onseker” die situasie is en waarom die wêreld 'n nuwe ooreenkoms oor pandemies nodig het.

Hy was vol lof vir Suid-Afrika en Botswana wat die nuwe variant aangemeld het en sê hulle moet bedank, eerder as gestraf word.

Die beraad loop môre ten einde.



NUWE GEVALLE

Teen gister het 11 lande al nuwe gevalle van Omicron aangemeld.

Wetenskaplikes is tans besig met navorsing oor onder meer hoe oordraagbaar Omicron is, of dit sekere ouderdomsgroepe meer teiken en of daar 'n risiko is vir her­infeksie vir diegene wat ingeënt is.

'n Sestigjarige vrou wat Namibië saam met 'n toergroep besoek het, het in die Tseggiese Republiek positief vir Omicron getoets. Volgens die United News of India het die vrou tien dae gelede via Suid-Afrika en Dubai van Namibië af teruggekeer.

Sy is in isolasie saam met agt ander mense wat deel van dieselfde toergroep was en wat van haar familielede insluit. Die kontakte van elkeen word nagespoor.

Volgens Netwerk24 het een van die 13 sokkerspelers en werknemers van die Belenenses-sokkerklub in Lissabon, Portugal, wat positief vir Omicron getoets het, onlangs vanuit Suid-Afrika na dié land teruggekeer.

Skotland het Maandag ses gevalle van die nuwe variant aangemeld. Van die gevalle word nie verbind met mense wat onlangs na Suider-Afrika gereis het nie.

In Brittanje is drie gevalle aangemeld.

Volgens die WHO is die kans groot dat infeksies wêreldwyd sal toeneem.

Prof. Salim Abdool Karim, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse ministeriële advieskomitee vir Covid-19, het vroeër gesê daar is geen rede om bekommerd te wees dat die variant erger siekte sal veroorsaak en dit nie deur toetse opgespoor sal kan word nie.

Volgens hom moet die situasie egter dopgehou word en sal dit eers later duideliker word of die variant erger siekte verooraak.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.27/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 872.40/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 904.42/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.27/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 872.40/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 904.42/OZ UP +0.25%