Nog onduidelik wanneer Lesotho-premier gaan aftree
Philda Essop
Dit is onduidelik wanneer Tom Thabane, Lesotho se eerste minister, gaan aftree.
Vroeër vandeesweek is berig dat die 80-jarige Thabane te midde van ’n polisiesoektog na sy vrou vir moordklagte, bevestig dat hy van sy pos in dié koninkryk gaan afstand doen.
Die SAUK het Woensdag berig dié stap het gevolg nadat Thabane se politieke party, die ABC, en die opposisiekoalisie druk op hom geplaas het om sy pos te ontruim.
Thesele Maseribane, Lesotho se minister van kommunikasie, het volgens EWN gesê dat Thabane die koning en sy kabinet van sy voorneme ingelig het.
EWN het egter Vrydag berig dat dit steeds nie duidelik is wanneer Thabane gaan aftree nie, maar dat hy op ’n mediakonferensie gesê het dat hy moeg is en sal aftree op ’n tydstip waarop ooreengekom sal word. Hy het glo aan die koning en die mense van Lesotho verskoning gevra vir die tweespalt in die party wat dienslewering in die gedrang gebring het.
Pres. Cyril Ramaphosa het Jeff Radebe, voormalige minister van energie, en Zizi Kodwa, adjunkminister van staatsveiligheid, as spesiale gesante na Maseru gestuur om oorgangsgesprekke te fasiliteer.
Radebe het Donderdag na afloop van dié vergadering in ’n kort video wat deur EWN getwiet is, gesê hy en Kodwa is “baie optimisties” oor wat hulle gehoor het. Alle opposisie-koalisievennote was volgens Radebe op die vergadering en het vertel oor hoe die volgende paar dae sou ontvou.
Verskeie nuuspublikasies het vroeër vandeesweek berig oor Thabane se huidige vrou, Maesaiah, wat glo voortvlugtig is in dié land.
BBC News het berig dat die polisie in Lesotho hulp soek om die premiersvrou op te spoor sodat sy vir die moord op Thabane se vorige vrou, Lipolelo Thabane, in 2017 ondervra kan word.
Lipolelo Thabane is twee dae voor Thabane se inhuldiging voor haar huis in Maseru, die hoofstad, doodgeskiet. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie