Nog ‘n Kersfees agter tralies vir Fishrot-span

Borgaansoek hervat in Januarie

15 November 2021 | Howe
Jemima Beukes – Regter Shafimana Ueitele het Vrydag in die hoërhof ‘n borgaansoek deur ses beskuldigdes in die Fishrot-skandaal tot Januarie uitgestel.

Die saak is op die rol vir 24 Januarie tot 4 Februarie 2021 en weer van 21 tot 25 Februarie.

Mnr. Phillipus Mwapopi, ‘n voormalige lid van die stadspolisie, het Vrydag beloof hy sal nooit met getuies inmeng nie. Sy paspoort is volgens hom afgeneem en dus sal dit onmoontlik wees om uit die land te vlug.

Wanneer die verhoor begin, het Mwapopi gesê, sal hy by die hof wees nog voordat die deure oopmaak.

Volgens hom kan sy gesin hul huis verloor omdat die bank die huis sal afvat as hy nie sy lening kan betaal nie. Die kans is volgens hom groot dat hul by bure of vriende sal moet gaan intrek omdat hy tans geen inkomste verdien nie.

Mwapopi het borgtog van N$62 000 aangebied.

Hy het gesê hy is onskuldig aan rampokkery, bedrog, korrupsie, sameswering met ander beskuldigdes, geldwassery en diefstal.

Volgens Mwapopi het mnr. Mike Nghipunya, voorheen uitvoerende hoof van Fishcor, nie aandele gehad in sy onderneming Wanakadu Investments nie. Die staat voer aan hy is gelys as een van die beslote korporasie se eienaars.

Mwapopi het gesê Wanakadu sou gedroogde vis aan Fishcor voorsien vir die staatsinstelling se droogtehulpprojek. ‘n Bedrag van N$4,2 miljoen is deur Fishcor aan Wanakadu betaal.

Die gedroogde vis sou deur Flamingo Commodity Supplier gelewer word, maar volgens Mwapopi is die “mnr. Nicky” met wie hy by die besigheid geskakel het intussen oorlede. Hy kon nie met sekerheid sê of die gedroogde vis ooit gelewer is nie, hoewel hy ‘n afleweringsnota het wat deur Fishcor geteken is.

Mwapopi het gesê hy is in Junie 2020 baie vriendelik by die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) ontvang toe hy vrywillig aangemeld het om met mnr. Willem Olivier, een van die ondersoekbeamptes, te gesels. Dit het volgens hom verander in openlike vyandigheid toe hy teen September 2020 weer ondervra is.

Olivier was volgens hom baie kwaad en ontevrede met sy weergawe van gebeure.

“Ek het hom my storie vertel, maar hy wou my nie glo nie en wou hê ek moes ‘n ander storie vertel. Ek het aan hom gesê: ‘Meneer, ek het ‘n swakheid en dit is dat ek altyd eerlik is.’”

Mwapopi se kruisverhoor sal begin wanneer die saak hervat.

Soortgelyk

 

Boggelrug rus teen die rotse

5 ure gelede | Omgewing

'n Boggelrugwalvis het gister laatmiddag by Langstrand Uitbreiding 1 tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgespoel. Volgens 'n inwoner het die dooie walvis met laegety teen 'n...

Geen toetse vir ingeëntes

5 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië het gister ’n reusetree gegee om in pas te kom met die nuwe wêreldneiging waar reise deur inentingstatus eerder as ’n...

Families getraumatiseer ná verkeerde liggaam begrawe word

5 ure gelede | Mense

Adam Hartman op Swakopmund – Twee families in rou is verder getraumatiseer nadat hul geliefdes se liggame per ongeluk omgeruil is – klaarblyklik by die...

Risikoskaal vir boere swaar gelaai

5 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Skerp stygings in insetkoste, ’n “ontploffing” in veediefstalle en onsekerheid oor of die reënval vanjaar voldoende sal wees vir goeie weiding, is...

Weer vir 14 Januarie

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die noordweste en die verre Weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

NaTIS: Agterstand in leerlinglisensies

5 ure gelede | Vervoer

Kristien Kruger – Nuwe besprekings vir leerlinglisensies by NaTIS is tydelik opgeskort sodat die geweldige agterstand ingehaal kan word.Volgens die woordvoerder van die Paaieowerheid (RA),...

22 sterftes, 346 nuwe gevalle

15 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes het met 22 tot 3 783 gestyg. Vyf hiervan was tuissterftes in die Oshikoto-streek. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister...

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

18 ure gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

19 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...