Nog u2019n ITF-titel vir Connor
Nog u2019n ITF-titel vir Connor

Nog ’n ITF-titel vir Connor

Tennis
Andrew Poolman
Die blink opgang van Connor van Schalkwyk duur voort nadat hy afgelope week die Internasionale Tennisfederasie se junior J3-toernooi op Stellenbosch gewen – ondanks die feit dat hy vooraf ongekeur was.

Die Namibiër het nou reeds drie ITF-toernooi in die laaste twee maande gewen, nadat hy Vrydag die eindstryd teen die sewende gekeurde Ron Ellouck van Israel met 6-1, 6-2 oorheers het.

Op pad na die titel het Van Schalkwykonder meer vir die groot opskudding gesorg dat hy die topgekeurde Mehdi Benchakroun in die kwarteindstryd met 6-4, 6-3 uitgeskakel het. Die Marokkaan is tans die hoogste gerekende junior tennisspeler op die vasteland, in die 88ste posisie op die wêreldranglys. Hierteenoor is Van Schalkwyk tans 221ste in die wêreld en negende in Afrika.

In die semifinaal het die 16-jarige Namibiër ook teen Kazakstan se Max Batyutenko (335ste op die wêreldranglys) met 6-2, 3-1 voorgeloop voordat laasgenoemde uie die wedstryd onttrek het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!