Nog geen nuwe raad vir NAB

12 October 2021 | Landbou
Tuyeimo Haidula op Oshakati

‘n Jaar sedert die termyn verstryk het van diegene wat op die Namibië Akkerbouraad (NAB) dien, het die organisasie nog geen nuwe aanstellings gemaak nie.

Die huidige raad se termyn het op 3 Julie verlede jaar verstryk en is tydelik tot Februarie vanjaar verleng totdat ‘n nuwe raad deur die minister van landbou, water en grondhervorming aangestel kan word.

Die koerant verneem die maatskappy het vroeër vanjaar onderhoude met moontlike kandidate gevoer, maar dat geen direkteursraad tot dusver aangestel is nie.

Dit is deur minister Calle Schlettwein bevestig, wat gesê het die raad se termyn is verleng en sal eers verval wanneer ‘n nuwe een aangestel word.

NAB se mandaat is om die akkerbou- en tuinboubedryf te bevorder en die produksie, verwerking, stoor en bemarking van beheerde produkte in Namibië te fasiliteer.

Schlettwein sê die rede vir die vertraging om nuwe raadslede aan te stel is omdat hulle moet seker maak die raad is verteenwoordigend van verskeie subsektors in die bedryf.

“Ons het deur ‘n proses gegaan om hiervan seker te maak en werk ook saam met die ministerie van staatsondernemings om die aanstelling van ‘n nuwe raad te finaliseer,” het hy gesê sonder om ‘n aanduiding te gee van wanneer dit sal wees.

Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, het alle vrae na sy eweknie verwys. Hy was vol vertroue die NAB word soos normaal bestuur sedert die raad se termyn verleng is en dat hulle hul verpligtinge dienooreenkomstig sal nakom tot ‘n nuwe raad aangewys kan word. – [email protected]

Soortgelyk

 

Gevalle styg met 41%, moontlike aanvang van vierde golf

28 minute gelede | Gesondheid

Die aantal Covid-gevalle in die land het binne 'n dag met 41% gestyg. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, kan...

Chelsi bekoor in unieke kostuum

14 ure gelede | In beeld

Die Mej. Namibië-organisasie het gister die kostuum onthul wat Chelsi Shikongo op 12 Desember sal dra wanneer sy die land by die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in...

Eksamenbedrog: 32 vraestelle kry voete

14 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht'n Reuse-terugslag vir die on­skuldige kandidate wat 'n kans gestaan het om die eksamen met vlieënde vaandels te slaag. Dit was die algemene gevoel...

Houtskoolbedryf uit miljoene bedrieg

14 ure gelede | Misdaad

Nuusredaksie‘n Vermeende sindikaat wat glo met die depositogeld van Suid-Afrikaanse kopers vir Namibiese hout- en houtskoolvragte verdwyn, bosboupermitte vervals en na bewering die bedryf met...

LPM neem hoofstad se leisels oor

14 ure gelede | Regering

Sade Gawanas, Windhoek-burgemeester; “Windhoek verdien net die beste van almal.”;

Weer vir 2 Desember 2021

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die noorde, ooste en suidooste. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met...

Meer as N$200 m. jaarliks vir ARV’s

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtSowat 8,3% van die Namibiese bevolking is MIV-positief, met meer as 93% van volwassenes en 81% van kinders wat kwalifiseer om antiretrovirale behandeling te...

Florin soek sy vryheid

14 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith - Die aansoek waarin Thomas Adolf Florin (54), na wie destyds as die slagter van Swakopmund verwys is, poog om ná byna 22...

Mediavakbond ontvang opleiding

14 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Die direkteur van die Internasionale Federasie van Joernaliste (IFJ) se Afrika-kantoor, mnr. Pa Louis Thomasi, het verlede Vrydag en Saterdag ’n slypskool saam...