Nog agt nuwe Covid-19-gevalle in Walvisbaai
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê agt nuwe gevalle van Covid-19 is in Walvisbaai aangeteken. Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die land op 293 te staan.
Volgens Shangula is vier gevalle vroue en vier mans. Die jongste is 13 jaar oud en die oudste 44 jaar. Vier van die gevalle is kontakte van bevestigde gevalle, terwyl vier geen kontak met bevestigde gevalle gehad het nie.
Tot op hede is 9 661 weefselmonsters getoets en is 907 mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie