Nog 12 Covid-19-gevalle bevestig
Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle het met nog 12 opgeskiet tot 102. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste is almal van die Erongostreek met 11 gevalle in Walvisbaai en 1 in Swakopmund. Sewe is kontakte van bevestigde gevalle. Ses het geen Covid-verwante simptome nie en vyf het wel simptome van die siekte.
Tot op hede is 8 014 weefselmonsters getoets waarvan 189 Woensdag. Die aktiewe kontakte wat gemonitor word, is 307. Tans is 806 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.
Tot op hede is 8 014 weefselmonsters getoets waarvan 189 Woensdag. Die aktiewe kontakte wat gemonitor word, is 307. Tans is 806 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie