Noa verduidelik ACC-prosesse
Denver Kisting – Nadat ’n bewering oor ’n goewerneur se beweerde korrupte optrede in die openbare ruimte beland het, was die Teenkorrupsiekommissie (ACC) genoop om dié aantygings te ondersoek.
So het die waghond se direkteur-generaal, mnr. Paulus Noa, gister in die Windhoekse hoërhof in die verhoor van me. Katrina Hanse-Himarwa, oudgoewerneur van die Hardapstreek, getuig.
Hanse-Himarwa is tans die minister van onderwys, kuns en kultuur.
Adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze, het gister vir Noa geroep om te kom verduidelik hoe die kommissie te werk gaan wanneer hulle ’n ondersoek behartig.
Volgens Noa is dit ’n eenvoudige proses.
Ondersoekbeamptes versamel bewysstukke geskoei op bewerings, het hy vir regter Christie Liebenberg gesê.
In ’n stadium moet hy ’n besluit neem of daar genoeg meriete is om ’n dossier aan die kantoor van die aanklaer-generaal (AG) voor te lê vir moontlike vervolging. Sodra hy bevind ’n saak het meriete – geskoei op bewyse op sigwaarde – het hy geen ander keuse as om dit na die AG te verwys nie, het Noa gesê.
Hy was oortuig die bewyse in die huidige saak dui daarop iemand het hul mag of posisie misbruik. Dit verteenwoordig korrupsie, het hy gesê.
Die staat voer aan Hanse-Himarwa het in Desember 2014 twee name op ’n begunstigdelys vir huise onder die massabehuisingskema laat verwyder en met dié van twee van haar familielede vervang.
Nadat hy die dossier onder oë gehad het, het Noa in 2016 ’n brief aan die AG gerig waarin hy drie moontlike verdagtes geïdentifiseer het: Hanse-Himarwa, mnr. Eduard Wambo, ’n raadslid, en Mariental se oudburgemeester, mnr. Alex Kamburute.
Hanse-Himarwa word alleen vervolg.
Onder kruisondervraging van mnr. Sisa Namandje, Hanse-Himarwa se prokureur, het Noa gister gesê ACC-ondersoeke is kragtens die ACC-wet en die Grondwet regverdig en onafhanklik.
Noa sê hy dra nie kennis van enige inligting wat sy ondersoekbeamptes weerhou het nie. Eweneens het hulle ook nie die reg om inligting te verswyg nie, het hy gesê.
Maar, het hy ook gesê, as ’n ondersoekbeampte “in sy of haar wysheid” aantekeninge byhou en dit nie later in die dossier insluit nie, is dit hul werkwyse.
“Ek weet nie van ’n wet wat ’n ondersoekbeampte verbied om aantekeninge te maak om hom of haar te help onthou nie.”
Noa het gesê hy kan nie verduidelik hoekom daar meer as een verklaring by van die getuies geneem is nie en hoekom van die verklarings identiese ooreenkomste toon nie. Hy dra egter nie kennis van ’n getuie wat geïntimideer is nie, het hy gesê.
Oor veranderings aan ’n verklaring waarop “politieke leier(s)” in rooi pen met “burgemeester” vervang is, kon Noa nie antwoorde verskaf nie.
Namandje het opnuut gesê Hanse-Himarwa voer aan moontlike staatsgetuies was onder druk van die ACC om haar te inkrimineer.
Marondedze word deur mnr. Salomon Kanyemba bygestaan.
Die verhoor is tot eerskomende Woensdag uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie