NLU steun die Rooilyn

Landbou-unie vier 75ste jaar

12 October 2021 | Landbou
Die Lewendehaweprodusenteorganisasie (LPO) waarsku dat sy bydrae tot landbou as kernpilaar van die ekonomie en ondersteuner van meer as 70% van die bevolking onder skoot is deur die aanslae op die veeartsenykordonheining (VCF), ook bekend as die Rooilyn.
Die landboubedryf se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) van 4,5% in 2019 het na bykans 6,6% in 2020 gegroei en primêre lewendehaweproduksie het meer as 55% van hierdie persentasie uitgemaak.
Dit volgens die LPO se voorsitter, mnr. Thinus Pretorius, wat aandring die heining is onder beleg van olifante, “wat hierdie heining op ’n daaglikse basis breek en ’n mens wil sê na willekeur verrinneweer. Die jarelange suksesvolle bewaring van die olifante is besig om in ’n bewaringsverleentheid te ontaard,” sê hy.
“Wat uiters kommerwekkend is, is dat alhoewel die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme erken hierdie is ’n wesenlike probleem, geen daadwerklike stappe gedoen word om die probleem te bowe te kom nie. Ná ’n ter plaatse ondersoek op hierdie heining het ek bewus geraak van die meedoënlose herstelwerk wat deur die grensboere in hierdie gebiede gedoen word,” brei hy uit.
Dis hoekom die LPO die Vleisraad steun om ’n bykomende heffing vir onderhoud (van die VCF) in te stel, sê hy.
“Asof die aanslag op die kordonheining nie genoeg is nie, is daar ongelukkig politieke opportuniste wat die status van hierdie lyn in die media verpolitiseer en onnodig waardevolle energie en fondse verkwis om ’n eie agenda te dryf. Selfs Amerikaanse produsente-organisasies het versoeke aan hul regerings gerig dat vleisinvoere vanaf Namibië gestop moet word oor die risiko van beken- klouseer. Die LPO het direk met hierdie organisasies in verbinding getree en ook standpunt hieroor in die media ingeneem,” volgens Pretorius.
Hy het sy toespraak Vrydag by Arebbusch in die hoofstad gelewer, waar die Namibië Landbou-unie (NLU) sy 75ste bestaansjaar gevier het te midde van die verwoestende impak van die Covid-19-pandemie op die landbousektor.
“In ’n jaar van ontwrigting het die beperkende regulasies gelei tot ’n traagheid, soms selfs ’n stilstand in die ekonomie, wetgewing en beleidsaspekte. Skakeling binne die NLU het noodgedwonge die eens onbekende virtuele wêreld blootgelê,” het die president van die NLU, mnr. Piet Gouws, gesê.
Die NLU het met die laaste van ’n reeks streekvergaderings ook daarmee hul jaarkongres afgehandel, wat weens Covid-19 in kleiner byeenkomste opgedeel is.
Pretorius het gesê: “Ons het ge-Zoom, ge-WhatsApp en ge-Messenger en die werk is gedoen.”
Die NLU is ook ten gunste van die kordonheining, volgens Gouws.
“Die wesenlike verskil wat bestaan in boerderypraktyke, dieregesondheidsbestuur en kultureel-ekonomiese raamwerke noord en suid van die veterinêre kordonheining, tesame met politieke aspirasies van individue en hul gebrekkige dieptekennis van internasionale handelsooreenkomste, verseker ’n uiters komplekse en sensitiewe saak. Die NLU sal die landbouminister, agbare (Calle) Schlettwein, en die Vleisraad ondersteun met relevante en nodige data indien benodig tydens die hofgeding met betrekking tot die kondonheining,” het Gouws gesê.
“Herlewingslandbou is die nuutste gonswoord en is plaaslik, in buurlande én wêreldwyd, op vele se agendas,” sê Gouws.
Tog moet landbou in Namibië nog onder meer grondbelasting vereffen wat reeds vier jaar lank uitstaande is, veekuddes vergroot, veldbrande beveg en ’n toename in belang in ondergrondse hulpbronne hanteer, sê hy.
“Prospekteerders is volop en feitlik die hele land is onderhewig aan prospekteringslisensies. Uitdagings word wyd deur grondeienaars ervaar weens die onwettige en onetiese gedrag van sommige instansies.
Die NLU is genoop om regshulp in te win ten einde lede toe te rus met kontrakte en onderhandelingsvaardighede,” sê Gouws.
Die NLU het ook die ministerie van finansies genader om die finansiële jaareinde vanaf midde die reënseisoen op 28 Februarie te verskuif en het Schlettwein versoek om die waterwet en die regering se droogtestrategie spoedig te voltooi.
Die stigting van die Landboukamer vorder met die stigtingsvergadering wat op 1 Oktober gehou is, sê hy.
[email protected]

FOTO
Die Namibië Landbou-unie (NLU) se president, mnr. Piet Gouws. Foto Augetto Graig

Soortgelyk

 

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

1 uur gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

PHOTO OF THE WEEK:

1 uur gelede |

Siku Investments, together with Bank Windhoek as part of the Cancer Apple Project, donated over 50 apples to the Children of Hope Village. Siku investments...

Nust marine engineering students seek over N$3 million

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleA group of 16 students in a marine engineering degree programme at the University of Science and Technology (NUST) in partnership with a Finnish...

200 more in need

1 uur gelede |

Jeanette DiergaardtOruua Primary School at Ovitoto recently received a donation worth N$60 000 from the Ohlthaver and List (O&L) group of companies through one of...

Investing for the greater good

1 uur gelede | Onderwys

Monique AdamsThe Maltas Club Namibia celebrated its 10th anniversary on 11 March this year. The core mandate of the Maltas Club is premier student learning...

Covid-19 pandemic reforms education

1 uur gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der WaltAmidst the looming uncertainty of the new semester calendar ushered in by the ministry of education, arts and culture, executive director Sanet...

Stepping Stones sluit warrelwind jaar af

1 uur gelede |

Iréne-Mari van der WaltDie Stepping Stones-skool vir kinders met leer- en gedragsuitdagings het onlangs hul jaarlikse afsluitingskonsert met ’n sirkustema gehou. Die skoolhoof, Almarie Mostert,...

SStar Teacher from DHPS: Valerie Van Zyl teaches Mathematics,...

1 uur gelede | Mense

1. Why did you decide to become a teacher? School was hard for me when I was a learner and unfortunately, some of...

Becoming globally competitive begins at home

1 uur gelede |

Desiree Gases A youth internship programme aimed at equipping people between the ages of 18 and 34 with meaningful skills and work experience has been...