NIP ‘deeglik ondersoek’
Volgens die minister van staatsondernemings is dit nie “onmoontlik” dat ander werknemers ook by beweringe van bedrog betrek kan word nie.
Henriette Lamprecht – ’n Deeglike ondersoek gaan van stapel gestuur word om beweringe van bedrog by die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) te ondersoek. Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, het gereageer op die NIP se skorsing van sy uitvoerende hoof, Augustinus Katiti, Vrydag.
Volgens Jooste is dit nie “onmoontlik” dat ander werknemers ook geïmpliseer kan word nie.
Volgens hom het die NIP se raad hom en die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, skriftelik met sekere bewerings oor Katiti genader.
“Hulle het ons verseker dat hulle oor bewyse beskik en verder sonder sy teenwoordigheid ondersoek wil instel,” het Jooste gesê.
Jooste wou egter nie meer besonderhede verskaf, behalwe om te bevestig “’n deeglike ondersoek” gaan van stapel gestuur word nie.
Die vraag is aan hom gerig of bedrog deel van die ondersoek vorm en hoe die geldkrisis by NIP-dienslewering die staatsonderneming beïnvloed.
Die NIP se hoof- interne ouditeur, me. Mecky Nghipandulwa, is as waarnemende uitvoerende beampte in Katiti se plek aangewys.
Nghipandulwa het op haar beurt alle navrae na mnr. Frans M. Kalwa, ’n direksielid, verwys. Hy kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.
Die NIP het sowat 40 mediese laboratoriums in al 14 streke oraloor Namibië.
Dit is die grootste diensverskaffer van diagnostiese patologie in Namibië en het meer as 450 werknemers.
Dit instituut hanteer alle patologiese toetse in die openbare dienssektor en bedien sowat 80% van die land se bevolking.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie