Nimt-verdagte beswaard

01 October 2019 | Howe
Erwin Leuschner



Die vermeende dubbelmoor­denaar mnr. Ernst Lichtenstrasser was Vrydag in die landdroshof op Swakopmund erg ­beswaard oor die feit dat die ­ondersoek na die saak steeds nie afgehandel is nie.

Die polisie ondersoek nog die moord op die twee voormalige bestuurders van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt), mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig.

“Dit beïnvloed my reg op 'n spoedige verhoor,” het Lichtenstrasser oor die stand van sake gesê.

Die staatsaanklaer, me. Latoya Katjiundu, en die beskuldigde se prokureur, mnr. Trevor Brockerhoff, het ingestem dat die saak tot 17 Desember uitgestel word.

“Ons wag op belangrike laboratoriumtoetse. Die polisieondersoek is nog nie afgehandel nie,” het Katjiundu gesê.

Lichtenstrasser het daarop ­aangedring dat dit die laaste uitstel is.

“Dit lyk toenemend of die aanklaer die saak in beginsel wil uitstel. Ek is nie meer so gesond nie. Ek kon nie behoorlik slaap nie, omdat ek nie eers 'n kombers in die sel gehad het nie,” het hy gesê.

“My lyf kan die omstandighede nie meer uithou nie.”

Lichtenstrasser is in die Windhoek Sentrale Gevangenis in aanhouding, maar is vir die verhoor na die Walvisbaai-gevangenis geneem.

“Ek dring daarop aan dat ek onmiddellik terug Windhoek toe geneem word,” het hy gesê.

 - [email protected]

Soortgelyk

 

Geval nr. 22 se toestand kritiek

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...

'n Vars bries vir die teaterbedryf

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Kunstenaars wat hoop om hul produksies of idees deur die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te vervaardig, kan nou hul voorleggings vir 2021 en 2022...