Nigerië op drumpel van eerste WB
Krieket
Andrew Poolman - Selfs indien hy môre 'n vierde indrukwekkende oorwinning ná mekaar behaal, mag dit dalk steeds nie genoeg wees vir die Namibiese junior krieketspan om vir die o.19 Wêreldbeker volgende jaar in Suid-Afrika te kwalifiseer nie.
Die gasheerspan se duur glips op die openingsdag teen Nigerië was vir die Wes-Afrikane die afspringplek vir 'n onoorwonne toernooi tot dusver, met net nog net die wispelturige aanslag van Sierra Leone wat môre in sy pad staan.
Net een Afrika-kwalifiseerder dring tot die Wêreldbeker deur.
Kaptein Divan la Cock was gister die speler van die wedstryd toe Namibië by die United-veld met 109 lopies te sterk vir Uganda was.
La Cock, wie se 16de verjaardag minder as vier weke gelede was, het gister 91 lopies van 97 balle gemoker, wat sewe grenshoue en vyf sesse bevat het.
Vroeër het die aanvangskolwer Henry Brink ook 'n vyftigtal behaal (55 van 68 balle, 5x4 1x6), terwyl Matthew de Gouveia sy goeie kolfvorm met 50 nie uit nie van 56 balle (4x4) beklemtoon het.
Victor van der Watt was op 18 nie uit nie van 14 balle (1x6).
Tanzanië is hierna binne 25.5 boulbeurte vir 141 uitgeboul. Die aanvangskolwer Zephania Arinaitwe (62 van 29 balle) het moedig aangeval (8x4, 3x6), maar uiteindelik het die boulers Mel Theunissen (3/35 in 6.5 boulbeurte) en die giftigste bouler in die toernooi, Mauritius Ngupita (3/21 in 8) die laaste gelag.
• Nigerië (211/3) het gister die wenlose Tanzanië (60 almal uit) met 151 lopies verniel. Nigerië se kolwer Olyinka Olaleye was onoorwonne met 110 en spog nou met 191 in die toernooi, meer as enige ander kolwer. Tweede op die lys is Divan la Cock (183).
Kenia se swak toernooi het voortgeduur toe Sierra Leone (225/7) hom vir 194 uitgeboul het om met 31 lopies te wen.
• Samevatting van Woensdag se uitslae:
Namibië 260/8 (Henry Brink 39, Divan la Cock 65, Matthew de Gouveia 102) klop Sierra Leone 76 almal uit (Ettienne Beukes 3/19) met 184 lopies.
Nigerië 110 almal uit klop Uganda 80 almal uit met 30 lopies.
Kenia 145/2 klop Tanzanië 143 met agt paaltjies.
• Môre se bepalings (almal vanaf 09:30): Namibië tn Kenia by Wanderers; Sierra Leone tn Nigerië by Affiespark; Uganda tn Tanzanië by United.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie