Nigerië ontbied VSA-diplomaat
Pres. Donald Trump van Amerika se skokkende verwysing na Afrikalande het meegebring dat sy diplomate in Nigerië nou op die rooi tapyt is.
Die Nigeriese regering het Maandag 'n verteenwoordiger van die Amerikaanse ambassadeur ontbied oor opmerkings deur pres. Donald Trump dat immigrante van Afrika en Haiti uit “sh*thole”-lande kom, het die ministerie van buitelandse sake gesê.
Minister Geoffrey Onyeama “het duidelikheid oor die waarheid of andersins die betekenis van die opmerkings gesoek en het beklemtoon dat indien dit waar is dit diep seermaak asook afstootlik en onaanvaarbaar is,” het die ministerie in 'n verklaring gesê.
Trump het die opmerkings tydens 'n private vergadering met wetgewers oor immigrasie gemaak. 'n Amerikaanse senator wat teenwoordig was, het die president se taalgebruik as “vieslik en vulgêr” beskryf.
Die Nigeriese ministerie van buitelandse sake het opgemerk dat “hartlike en uiters vriendskaplike betrekkinge” tans tussen die twee lande bestaan.
Amerika is verteenwoordig deur David J. Young, aangesien die ambassadeur nie in die land is nie - het op sy beurt in 'n verklaring gesê daar is teenstrydige weergawes van watter opmerkings tydens die vergadering gemaak is.
Die Afrika-unie het Vrydag 'n verskoning van Amerika geëis.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie