Nigerië o.19 op koers na Wêreldbeker
Andrew Poolman - Wedstryddag 3 van die Afrika o.19 kriekettoernooi in Windhoek het vandag oorwinnings vir Nigerië, Namibië en Kenia opgelewer.
Nigerië is egter die enigste onoorwonne span, wat boonop reeds met sy drie moeiliker opponente (Namibië, Kenia en Uganda) afgereken het.
Om te wens dat Tanzanië of Sierra Leone 'n groot verrassing teen Nigerië moet lewer, is tans die skrale hoop waarop Namibië se Wêreldbeker-hoop rus.
Nigerië (6 punte) is boaan die puntelys gevolg deur Namibië (4), Uganda (4), Kenia en Sierra Leone (2 elk) en Tanzanië (0).
Die laaste twee wedstryddae in die toernooi is Donderdag en Saterdag.
Samevatting van Woensdag se uitslae:
NAMIBIË 260/8 (Henry Brink 39, Divan la Cock 65, Matthew de Gouveia 102) klop SIERRA LEONE 76 almal uit (Ettienne Beukes 3/19) met 184 lopies.
NIGERIË 110 almal uit klop UGANDA 80 almal uit met 30 lopies.
KENIA 145/2 klop TANZANIË 143 met agt paaltjies.
Foto: Matthew de Gouveia van Namibië ontvang sy toekenning as speler van die wedstryd ná sy honderdtal teen Sierra Leone. By hom is Boeta Mouton. Foto Tielman van Lill

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie