Niemand nog vas oor skade aan monument

’n Besoek aan Otjimbingwe het getoon houtvloere en ’n trap is onregmatig uit ’n nasionale gedenkwaardigheid verwyder.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die Erfenisraad van Namibië het teen Sondag nog nie ’n besoek aan Otjimbingwe gebring om vas te stel hoeveel skade deur plunderaars aan die 148 jaar oue Kruittoring aangerig is nie.

’n Ontstelde inwoner van dié geskiedkundige nedersetting, mnr. Hendrik Kumundu (81), het Republikein verlede week laat weet mense uit die omgewing is besig om hierdie nasionale gedenkwaardigheid vir boumateriaal te plunder.

Die Erfenisraad van Namibië se beampte verantwoordelik vir die land se bou-erfenis, mnr. Jürgen Kuhanga, het verlede Woensdag by navraag gesê hy is nie bewus daarvan dat mense die Kruittoring beskadig nie. Hy het verduidelik dit is onwettig om enige strukturele verandering aan ’n geproklameerde nasionale gedenkwaardigheid aan te rig, of om dit selfs net te verf sonder die nodige toestemming.

Tydens ’n besoek Vrydag aan Otjimbingwe het dit geblyk die meeste van die houtwerk aan die binnekant van hierdie toring is reeds verwyder. Dit sluit in die houtvloere en die houttrap wat die verskillende vloere in die toring met mekaar verbind het.

Dit het ook geblyk anders as wat aanvanklik verstaan is, het die plunderaars nie die mure beskadig nie. Hulle het wel groot dele van die ou handelshuis afgebreek wat destyds aan die handelaar Eduard Hälbich behoort het, sowat 15 meter van die Kruittoring af geleë.

Die geboue oorkant die handelshuis waaruit Hälbich die wamakery in die laat 1800’s bedryf het, is ook oor die jare erg verniel. Van die windlaaier wat destyds gebruik is om kinetiese energie vir die aandrywing van meganiese toerusting op te wek, is net die groot ysterrat nog op die terrein. Die res daarvan is oor die jare afgebreek om waarskynlik vir skrootmetaal verkoop te word, sê die kultuurhistorikus en bewaringskundige, dr. Andreas Vogt.

Volgens Kumundu, ’n afgetrede onderwyser, het die plunderaars “twee weke gelede” begin om die sinkplate van die handelshuis se dak te verwyder en die pleister van die mure af te kap om by die sifdraad en stene uit te kom. Daarna het nog mense hulle by die plunderaars aangesluit en daar is begin om die houtstrukture in die toring af te breek.

“Hierdie gebou was altyd baie mooi. Ek woon van 1965 af op Otjimbingwe en dit is die eerste keer dat mense hierdie gebou beskadig,” het hy oor die vernieling van die Kruittoring gesê.

“Hulle het eers met die ou winkel begin, maar toe kom meer mense hier bly en hulle het net eenvoudig begin om die planke in die ou Kruittoring af te breek en uit te dra buite toe. Ons het gekom en probeer om hulle te keer. Ons het vir hulle gesê hierdie is ’n historiese monument, maar hulle het gesê hulle sal nie ophou nie.

“Toe gaan ons polisie toe en sê vir hulle wat aangaan. Maar toe sê die polisie hulle het nie ’n kar nie en hulle is bang vir hulle veiligheid. Ons moet maar net die name opskryf van die mense wat dit doen en dit vir hulle gaan gee,” het Kumundu vertel.

Terwyl Republikein Vrydag by die Kruittoring was, het konst. Natangwe Haimbodi van die polisie op Karibib dit besoek om ondersoek na die skade in te stel.

Dit blyk niemand is nog vir opsetlike saakbeskadiging of ’n oortreding van die Wet op Nasionale Erfenis, Wet 27 van 2004, aangekla nie.

Kuhanga het Sondag by navraag gesê nie hy of ’n verteenwoordiger van die Erfenisraad het nog ’n besoek aan Otjimbingwe gebring nie. Hy was ook nog nie met die polisie in verbinding nie.

Volgens hom is die rede daarvoor dat dié raad se kantoor weens Covid-19 gesluit was.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022