Nóg slagoffers ná Oukersaand-ongeluk
Die trompopbotsing Oukersaand tussen twee bakkies naby Rehoboth het nóg lewens geëis.
‘n Twee maande oue babameisie, McQueen Garoeb, en mnr. Rudolf Cloete (61), is in die ongeluk dood wat omstreeks 23:00 op die C24-grondpad tussen Klein Aub en Rehoboth plaasgevind het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het ‘n sewejarige kind, Bradney Garoes, en mnr. Branwill Garoeb weens hul beserings in ‘n Windhoekse hospitaal beswyk.
Drie passasiers is in die ongeluk beseer wat sowat 18 km vanaf Rehoboth plaasgevind het.
‘n Saak van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur, bestuur sonder ‘n rybewys is aanhangig gemaak. ‘n Saak van die oortreding van die Covid-19-maatreëls word ook ondersoek aangesien die voertuie ná die aandkloktyd van 21:00 op die pad was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie