Nóg projekte kan sneuwel

Kry prioriteite reg, sê bronne

17 November 2016 | Infrastruktuur
Catherine Sasman - Minstens nog drie groot kapitaalprojekte kan in gedrang kom as gevolg van vertraagde uitbetalings deur die regering.

Die besturende direkteur van D&M Rail Construction, mnr. Dawie Möller, het gister gesê werk aan die multimiljoen-dollar Kranzberg-Tsumeb-spoorlyn kan in die middel van Desember tot stilstand geruk word as uitbetalings nie betyds gedoen word nie.

“Daarna is ons uitgeput; dan kan ons nie salarisse of bonusse betaal nie,” het Möller gesê. “Dit is belangrik dat ons duidelikheid kry oor wanneer die situasie gaan normaliseer.”

Bouwerk aan die tweede fase van die Windhoek-Okahandja-pad, ‘n gedeelte van 27,6 kilometer vanaf die Döbra-rivier tot die suide van die Osona militêre basis, kan moontlik ook maande lank opgeskort word.

‘n Bron in die bedryf wat anoniem wil bly, het gesê bouwerk aan die tweede fase van die dubbelpad tussen Windhoek en Okahandja gaan van 2 Desember weens laat betaling gestop word.

Die gemeenskaplike vennootskap tussen die Namibiese Otesa Civil Engineering en die Italiaanse C.M.C. Ravenna is op hierdie tender gekontrakteer.

Volgens die bron loop gerugte dat werk tot in Maart volgende jaar uitgestel kan word.

“Sou dit gebeur, beteken dit dat alle werk wat tot dusver gedoen is tot niet kan gaan as dit oor daardie maande reën. Dit sal ook beteken dat ongeveer 300 mense vir dié maande sonder werk gaan sit,” het die bron genoem.

Hy het voorts gesê dit kan ook ‘n boete van tot N$150 miljoen teen die regering beteken.

Dié fase van die pad kos die regering N$1,08 miljard en word deur drie instansies – die ministerie van werke en vervoer, die Paaieowerheid (RA) en die Duitse bank kfW – teen N$400 miljoen elk gefinansier.

Volgens die bron het die regering die kfW gevra om sy gedeelte te betaal. Dit is nie duidelik of hierdie geld wel sal deurkom nie.

Die projekbestuurder, mnr. Lukas de Maria, het ontken dat die Otesa/CMC beoog om werk op die pad te staak.

“Ons het tans geen voorneme om die werk op te skort of die perseel te sluit nie. Tot op hede was ons nog altyd binne ‘n redelike tyd betaal,” het de Maria gesê.

Bronne het gesê die kontantkrisis word vererger omdat sekere van die pad- en ander kapitaaltenders sonder goedkeuring toegeken is.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het erken dat een van hierdie projekte, die teer van die pad tussen Uis en Kamanjab, nie voor begroot was nie.

“Ons probeer om ‘n begroting te bewerkstelling en konsentreer op alle projekte,” het Schlettwein erken.

Hy het gesê die ministeries van finansies en werke is tans druk besig om aan ‘n omvattende plan te werk om uit die geld-knyp te kom en vertragings op die projekte te vermy.

Bronne in die bedryf sê die eerste plan sou wees om projekte in volgorde van belangrikheid aan te pak.

Hulle redeneer dat die teer van die Uis-Kamanjab-pad eerder op die lange baan geskuif moes word aangesien verkeer tussen Swakopmund en Karibib erg toegeneem het.

Die afgetrede padkundige, mnr. Chris Theron, het genoem dat gemiddeld 750 swaar voertuie daagliks tussen Swakopmund en Karibib ry.

“Laat geld wat op paaie bestee word, werk vir die land se ekonomie,” het een bron gesê.

Soortgelyk

 

Doodskoot van agter

6 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Die hoërhof het gister gehoor dat die doodskoot op mnr. Marko Rönni hom van agter getref het. Dit volgens getuienis van dr....

Mynbedryf diép bekommerd

6 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Bekommerd, bekommerd en nóg bekommerd.Die president van die Kamer van Mynwese van Namibië, mnr. Kombadayedu Kapwanga, se jaaroorsig is deurspek met dié...

Herinneringsreis

6 ure gelede | In beeld

Me. Ndatyapelao Nangula Costa (40, links) was een van 430 kinders wat in 1978 ná die slag van Cassinga uit die vlugtelingkamp verwyder en na...

Weer, Donderdag 27 April 2017

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie oor Zambezi, Kavango, die oostelike gedeeltes van Otjozondjupa en Omaheke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

'Namibië, Angola moet malaria sáám beveg'

6 ure gelede | Gesondheid

Die ministeries van gesondheid van Namibië en Angola het Dinsdag op Wêreldmalariadag by die Oihole-nedersetting in die suide van Angola 'n samewer­kingsooreenkoms gesluit om malaria...

Hoe tevrede is Namibiese burgers?

6 ure gelede | Regering

Die kantoor van die eerste minister sal van Mei af met ’n burgerlike tevredenheidsopname oor die gehalte van openbare dienslewering dwarsoor die land begin. Aanbevelings...

Oudpres. Bush skryf oor besoek aan Namibië

6 ure gelede | Gesondheid

Estelle de Bruyn - Ná oudpres. George W. Bush se besoek aan Namibië en Botswana, waartydens gefokus is op die impak van sy noodplan om...

Hupstoot vir klein besighede

6 ure gelede | Plaaslik

Yochanaan Coetzee’n Groep van 21 klein besighede in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling het Vrydag ’n groot hupstoot gekry toe hulle toerusting, gereedskap en materiaal ontvang het...

Nuwe junior burgemeester ingehuldig

6 ure gelede | In beeld

Windhoek se nuwe junior stadsraad is Maandag ingehuldig. Hulle sal onder die tema “Red ’n lewe vandag” hul projekte vir die termyn aanpak. Volgens Michael...