Nóg 'n tragiese gesinsmoord ruk Noorde
'n Dag nadat 'n 26-jarige man Dinsdagoggend drie gesinslede en nege diere met 'n panga afgemaai het, is die Noorde gister deur nóg 'n gesinsmoord geruk.
Net soos in die vorige geval moes kinders die tragedie aanskou.
Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het mnr. Eliakim Mathews sy 39-jarige vrou, me. Ndinelao Haidula, met 'n pistool doodgeskiet en homself daarna met die wapen om die lewe gebring.
Die tragedie het omstreeks 06:00 glo voor hul kinders van 12 en vier jaar oud in die Olifu-nedersetting in die Oshikotostreek se Okankolo-kiesafdeling plaasgevind. Die egpaar het op die toneel beswyk.
“Na bewering was daar in die vroeë oggendure 'n argument tussen hulle twee. Hul naasbestaandes is van hul dood ingelig,” het Shikwambi gesê.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie