Nu00f3g u2019n Nigeriese skool geteiken
Nu00f3g u2019n Nigeriese skool geteiken

Nóg ’n Nigeriese skool geteiken

Sanet de Waal
Meer as 150 leerlinge is Sondag by ’n skool in Nigerië ontvoer, waartydens een persoon doodgeskiet is.

Volgens regeringsamptenare het gewapende mans die leerlinge Sondag by ’n Islamitiese skool in die staat Niger ontvoer.

Gewapende groepe wat ontvoerings vir lospryse pleeg, sit glo agter die reeks ontvoerings by skole en universiteite in die noorde van die land.

Minstens 700 leerlinge en studente is reeds sedert Desember ontvoer.

’n Woordvoerder van die polisie in Niger sê in ’n verklaring die gewapende groep het die dorp Tegina omstreeks 15:00 (Nigeriese tyd) op motorfietse binnegeval en die aanval geloods.

Volgens die polisie het die groep wild geskiet en die leerlinge van die Salihu Tank-skool ontvoer.

Die eienaar van die skool, Abubakar Tegina, wat 150 m van daar af woon, het aan Reuters gesê hy het die aanval sien gebeur.

Volgens hom het swaargewapende mense op 20 tot 25 motorfietse die skoolterrein binnegery en 150 of meer leerlinge ontvoer.

Hy kon egter nie die presiese getal leerlinge of hul ouderdomme verskaf nie, maar volgens hom het die skool sowat 300 leerlinge tussen die ouderdomme van sewe en 15.

Die kantoor van die goewerneur het bekend gemaak dat een persoon in die aanval doodgeskiet is en nog een ernstig gewond is.

Volgens dié kantoor is 11 van die kinders wat ontvoer is, weer vrygelaat omdat hulle glo “te jonk is en nie kon stap nie”.

’n Groep passasiers in ’n bus is ook Sondag ontvoer. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!