Nóg ‘n miljoen teen droogte

Teiken meer as halfpad bereik

08 May 2019 | Landbou
Elvira Hattingh - FNB Namibia, deur middel van die FirstRand Namibia Foundation Trust, het verlede week N$1 miljoen aan die Dare to Care-droogtehulpfonds op Okakarara geskenk.

Tot dusver is N$5,5 miljoen deur dié fonds ingesamel, wat gesamentlik deur twee landbou-unies bestuur word – die Namibië Landbou-unie (NLU), asook die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (NECFU).

Die doel is om N$10 miljoen in te samel sodat voer vir beide kommunale en kommersiële boere teen N$50 per sak gesubsidieer kan word.

Me. Clara Bohitile, FirstRand Namibia Foundation Trust se voorsitter, sê dit is noodsaaklik dat almal hulp verleen waar nodig, sodat die land hierdie krisis kan oorleef.

“Verskeie Namibiërs is maar té bewus van die uitwerking van ernstige watertekorte en die werklikheid van droogte.

“Ons glo ons het as ‘n verantwoordelike maatskappy ‘n plig teenoor die omgewing om seker te maak die impak van ons aksies op die land, sy mense en ons natuurlike hulpbronne is minimaal, sodat toekomstige generasies dit ook kan geniet.

“As ‘n maatskappy wil ons graag vennootskappe met die regering en inisiatiewe soos die Dare to Care-droogtehulpfonds aangaan om oplossings vir ons volk se grootste uitdagings te vind en ook om hulp te verleen waar nodig.

“Ons handelsmerk se slagspreuk is juis ‘Hoe kan ons jou help?’” sê Bohitile.

Wesbank het ‘n bykomende N$2 000 geskenk, en die fonds is ook nou ‘n begunstigde van die FNB Happiness Store, waar enigiemand ‘n bydrae kan maak wat hulle pas.

Okakarara se burgemeester, me. Veundjua Kamutuezu, het die landbou- en private sektor vir hul reaksie op die regering se hulproep bedank.

“Die gesamentlike poging deur die landbou- en private sektor onder die Dare to Care-sambreel is ‘n belangrike stap om boere te help deur sekere veevoere meer bekostigbaar te maak deur middel van subsidies,” sê sy.

Mnr. Ehnrst Katjiku, Okakarara se uitvoerende hoof, het ook sy dank uitgespreek. Hy het ‘n beroep op boere gedoen om eerlik te wees wanneer hulle vir gesubsidieerde veevoer vra om seker te maak korrupsie laat die goeie inisiatief nie ontspoor nie.

Boere soos me. Godfriedine Muniazo en mnr. Gerson Muniazo het gesê hoe dankbaar hulle is dat die fonds verligting bring, omdat hulle nou hul vee kan voer en soveel moontlik daarvan kan red.

“Dis ‘n groot verligting, die jaar se droogte het die nedersetting waarvandaan ek kom baie swaar getref,” het Muniazo gesê.

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

2 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

12 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

12 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

12 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

12 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

12 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

12 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

12 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...