Nóg 'n Lüderitz, watwou!
Tanja Bause
Sowat 180 km oos van Berlyn in Duitsland lê . . . Lüderitz.
Dié klein dorpie met sowat 2 000 inwoners en Lüderitz in die verre suide van Namibië wil nouer bande met mekaar smee.
“Daar is immers net twee Lüderitze in die hele wêreld,” het die burgemeester van Lüderitz in Duitsland, me. Edith Braun, in 'n brief aan me. Hilaria Mukapuli, haar eweknie in Lüderitz, Namibië, gesê.
Op haar beurt het Mukapuli gesê: “Ek is verbaas daar is nog 'n Lüderitz in die wêreld!”
Die bemarkingsbestuurder van die Lüderitz Nest Hotel, mnr. Bruno de Comarmond, was onlangs in Lüderitz (Duitsland) juis om na moontlikhede te kyk.
“Toe ek hulle wapen sien, het ek besef dat ons wapens water en 'n anker in gemeen het,” het hy gesê.
Lüderitz, Namibië, is in 1883 gestig en het sowat 12 500 inwoners. Duitsland se Lüderitz bestaan reeds sedert 1247.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie