Nóg ’n Eskom-fiasko dreig weens koolstoftaks
William Horne en Bloomberg – Eskom word deur nog ’n finansiële afgrond in die gesig gestaar – die geraamde koolstofbelastingrekening van R11,5 miljard wat hy in 2023 gaan kry.
Die nuwe Wet op Koolstofbelasting wat op 1 Junie in werking getree het, word in fases in werking gestel, en Eskom het kwytskelding vir fase een.
Eskom maak hoofsaaklik staat op ’n vloot steenkoolkragsentrales om krag op te wek – wat van hom die land se grootste enkele besoedelaar maak.
Maar wanneer fase twee van die koolstoftaks in 2023 in werking gestel word, val Eskom se vrystelling weg en sal hy jaarliks sowat R11,5 miljard moet opdok vir sy enorme koolstofvrystellings.
So sê Gina Downes, ekonomiese hoofadviseur vir omgewingsake by Eskom, wat Dinsdag ’n voorlegging in Johannesburg aangebied het.
Eskom het al voorheen erken fase twee van die koolstoftaks gaan ’n groot koste-bydraer wees, maar hy het nog nie voorheen ’n raming gegee van wat dit hom kan kos nie.
Eskom, wat meer as 90% van Suid-Afrika se elektrisiteit opwek, is ook verantwoordelik vir sowat 42% van die land se kweekhuisgasvrystellings, sê Downes.
Volgens die tesourie duur fase twee van die Wet op Koolstofbelasting van 2023 tot 2030.
Die presidensiële taakspan vir Eskom het aan die einde van Junie ’n plan voorgelê waarvolgens die beleërde kragreus buitelandse finansiering van tot $10 miljard kan ontvang om die oprig van volhoubare kragbronne te verseker.
Volgens ’n onberispelike bron sal dit die grootste finansieringsooreenkoms vir omgewingsvriendelike kragopwekking tot nog toe wêreldwyd wees.
Kortom behels dit finansiering van verskeie internasionale ontwikkelingsmaatskappye aan Eskom as die kragreus sy bestaande steenkoolkragsentrales vinniger buite diens stel en sy koolstofvrystellings verminder.
Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede aangekondig dat ’n spesiale toewysingswet dringend ingedien gaan word waardeur ’n groter deel van die R230 miljard wat oor tien jaar vir Eskom begroot is, vroeër toegeken gaan word.
In die huidige jaar is daar reeds in April R17,6 miljard van die begrote R23 miljard vir 2019 aan Eskom oorbetaal. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie