Nóg hulp teen droogte se druk

Direktoraat worstel met uitdagings

11 October 2019 | Omgewing
Augetto Graig



Die totale bydrae tot nasionale droogtehulp was aan die einde van September sowat N$157,8 miljoen.

Die droogtehulpfonds, wat deur die kantoor van die eerste minister in samewerking met die ministerie van landbou, water en bosbou bestuur word, het danksy plaaslike kontant­skenkings van meer as N$107,4 miljoen gegroei.

Buitelandse skenkers het boonop N$5,7 miljoen bygedra om die totale bedrag op meer as N$113,2 miljoen te staan te bring.

Namibiërs het nog N$5,5 miljoen in goedere geskenk, terwyl die res van die wêreld tot N$10 miljoen se goedere bygedra het.

Mnr. Japhet Iitenge van die ramp­risikobestuurdirektoraat in die kantoor van die eerste minister het dié inligting gedeel.

Sy verslag was deel van die forum van ontwikkelingsvennote wat gister by die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) in die hoofstad gehou is.

Dié tweede jaarlikse forum is deur die Nasionale Beplanningskommissie in samewerking met die Verenigde Nasies (VN) in Namibië gereël.

“As ons beter voorberei, sal rampe se impak verminder,” sê Iitenge.

Volgens hom ondersteun die fonds reeds 173 000 huisgesinne.

Dié syfer het reeds vier keer toegeneem, sê hy, en na verwagting sal nog heelwat meer mense hulp benodig – een van die uitdagings waarmee die direktoraat worstel.

Ander uitdagings sluit in die registrasie en evaluering van begunstigdes, asook die insameling van dokumentasie wat diensverskaffers en ander verskaffers vereis, sê Iitenge.

Volgens hom het die fonds tussen Junie en September vanjaar voedselhulp in die vorm van mahangu, geblikte vis en kookolie aan 42 899 huisgesinne uitgedeel.

Rys en ander kos is ook uitgedeel.

Subsidies is ook aan boere toegestaan om hulle te help oorleef. Vir 339 aansoeke om toelae vir die koop van voer en lekke is N$343 341 toegeken.

Sowat N$5 miljoen is aan 665 aansoeke vir veebemarkingshulp toegestaan.

Sowat N$400 000 is aan 35 boere toegestaan om toegang tot weiding te verkry.

Vir die vervoer van vee is sowat N$164 000 vir 26 aansoeke uitbetaal, sê hy.

Die regering het die staatsonderneming Agribusdev opdrag gegee om bale voer by groenskemas landswyd te kweek.

Tot dusver is 30 663 bale voer aan begunstigdes gelewer en 'n tekort van 11 246 is aangeteken. Sade is aan begunstigdes geskenk, maar baie meer is nodig om al 30 000 geteikende boere te help, sê Iitenge.

Slagpale is op Oshakati, Eenhana en Outapi herstel en in gebruik.

Op Rundu gaan bouwerk voort terwyl die Ongwediva-vleisverwerkingsaanleg reeds aan die regering oorhandig is.

Op Katima Mulilo is die vorige kontrak gekanselleer en 'n nuwe kontrakteur aangestel, sê hy.

Water word in nege van Namibië se streke aangery na gemeenskappe wat onder die droogte gebuk gaan.

Die Oshana-, Oshikoto-, Kavango-Oos-, Ohangwena-, Omusati-, ||Kharas-, Otjozondjupa- en Zambezistreek word deur weermag­watertenks en verskeie regeringskantore bedien.

Altesaam 27 uit 139 boorgate is reeds geïdentifiseer vir opknapwerk of installasie, sê hy.

Die Etaka-kanaal tussen die Omusati- en Oshanastreek is voltooi, en 'n nuwe waterpyplyn tussen Ondangwa en Omuntele sal binnekort in gebruik geneem word.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

20 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

20 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

20 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

20 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

20 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

20 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

20 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...