Nóg goue medaljes vir swemmers
Swem
Andrew Poolman - Zuné Weber se goud en Juané Oberholzer se silwer in die 50 meter rugslag vir meisies 17 jaar en ouer was gisteroggend ’n hoogtepunt vir Namibië in die oggendsessie van die tweede dag van die CANA Sone 4-byeenkoms in Olympia.
Namibië beskerm as gasheerland sy tweede posisie op die medaljelys, ná Suid-Afrika se span wat die voorloper is uit die 14 deelnemende lande. Botswana en Zimbabwe vaar tot dusver die beste van die res.
Weber (32.61 sekondes) het voor Oberholzer (33.84) in die rugslag klaargemaak, met die brons aan Claire Melrose van Zimbabwe (34.61).
Die Namibiese spankaptein Ronan Wantenaar se goue medaljes nommer twee en drie vir die kampioenskap was ’n verdere individuele hoogtepunt.
Namibië se ander medaljes gister in die oggendsessie:
Ronan Wantenaar – goud in 50 rugslag seuns 17 en ouer (28.10)
Ronan Wantenaar – goud in 200 borsslag seuns 17 en ouer (2:28.51)
Mikah Burger – goud in 50 rugslag seuns 13-14 jaar (
Ju-Ané Oberholzer – silwer in 200 borsslag meisies 17 en ouer (3:07.24)
Quinn Ellis – brons in 50 rugslag seuns 11-12 jaar (33.28 s)
Anel van der Vyver – goud in 50 rugslag vroue 25-44 jaar (40.16) X
• Heleni Stergiadis (50 rugslag) en José Canjulo (50 rugslag) was beide met vierde plekke ongelukkig om nie medaljes by hul versameling te kon voeg nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie