Nóg betogings vlam op in Hongkong

15 July 2019 | Internasionaal
Duisende betogers het die naweek in Hongkong naby die grens met China slaags geraak met die polisie.

Die ongelukkigheid blyk te wees oor die teenwoordigheid van Chinese handelaars in dié stadstaat.

Hongkong gaan die laaste paar weke gebuk onder gewelddadige betogings, hoofsaaklik weens ongelukkigheid oor voorgestelde wetgewing wat uitlewering van Hongkongse burgers aan China sal toelaat.

Saterdag se betoging naby die Sheung Shui-woongebied het aanvanklik vreedsaam begin, maar het kort voor lank in algehele chaos ontaard toe betogers die polisie met sambrele en harde hoede toegetakel het.

Die polisie het met knuppels onder die oproeriges ingeklim en probeer om gemoedere te kalmeer.

Dié betoging is die jongste in ’n reeks voorvalle wat al meer as ’n maand in dié voormalige Britse kolonie voorkom. Kenners beskryf dit as die ergste politieke krisis in Hongkong sedert die stadstaat in 1997 aan China oorhandig is. Hongkong word sedertdien as ’n outonome gebied binne China bestuur. Die stadstaat het sy eie leiers en ’n ander regstelsel as in China.

Die voorgestelde wet op uitlewering aan China is intussen ter syde gestel nadat honderdduisende mense die Hongkongse wetgewer op 1 Julie stormgeloop het.

Dié wet sou dit moontlik maak om individue wat van misdade in China verdink word, aan dié sosialistiese land uit te lewer.

Die instelling van só wet word deur kritici daarvan beskou as ’n ernstige inbraak op Hongkong se soewereiniteit.

Die naweek se betoging was egter gemik op Chinese handelaars wat oor die grens glip, goedere aanskaf en dit dan weer anderkant die grens in China gaan verkoop.

Die betogers wil hê die handelaars moet die gebied summier verlaat. Winkels in die omgewing het Saterdag vroeg gesluit.

Inwoners van Hongkong meen die handelaars veroorsaak dat goedere in dié reeds besonderse duur stad net nog duurder word.

Die handelaars versuim glo ook om belasting in Hongkong te betaal. – Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Windhoek klop waterteikens

31 minute gelede | Plaaslik

font face="Verdana" >Elvira Hattingh - Inwoners van die hoofstad neem waterbesparings uiteindelik ernstig op en het die afgelope week weer 4% bespaar. Volgens me....

Kalahariwoestyn keer terug

31 minute gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

31 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

31 minute gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

31 minute gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

31 minute gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

31 minute gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

31 minute gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...

'Elke druppel tel'

31 minute gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtAs alle babas onmiddellik ná geboorte direkte ­velkontak ontvang, vir ses maande uit­sluitlik geborsvoed word en tot op twee jaar bykomende voeding ontvang, sal...