Netwerk erken bydrae van Henry McCarthy

Onderwys

15 September 2021 | Onderwys
Netwerk het begin om erkenning te gee aan mense wat diep spore vir die Afrikaanse taal en kultuur in Namibië getrap het.

Die eerste Prestige-kultuurtoekenning is in memoriam aan me. Elmine McCarthy, vrou van wyle mnr. Henry McCarthy (1971-2021), oorhandig wat onder meer ’n gewilde skoolhoof van Pro-Ed Akademie op Swakopmund was.

McCarthy het ’n BA-graad (politieke wetenskap), ’n BA-honneursgraad (politieke studies), ’n B.Ed.-honneursgraad in Onderwysbestuur en ’n onderwysdiploma (nagraads) aan die hedendaagse Noordwes-Universiteit op Potchefstroom verwerf.

As skolier en student het hy ook verskeie akademiese en leierskaptoekennings verwerf. As skolier of student en ook in sy onderwysloopbaan was hy ook deurlopend iewers op die sportvelde bedrywig – óf as speler, óf later as afrigter.

Gedurende 2008 het hy vir drie maande aan die Windhoek Onderwyskollege in Windhoek (vandag deel van die Universiteit van Namibië) as fasiliteerder vir dosente in navorsingsmetodiek opgetree.

Vanaf 2002 tot 2013 was McCarthy as fasiliteerder by die Institute for Open Learning (IOL, Trustco) betrokke. Hier was hy betrokke by deeltydse B.Ed.-honneursstudente en studente wat die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys gevolg het, en was verantwoordelik vir die skryf van studiemateriaal en nasien van werkstukke en vraestelle.

Henry het diep spore by Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) getrap met die ontwikkeling van die akademie, e-leer en het sport as buitemuurse aktiwiteit begin. Hy was onderwyser, senior onderwyser en later fasehoof van die hoërskool (2010). Vanaf 2012 tot 2013 was hy departementshoof van Sosiale Studies en in 2014 hoof van sosiale studies en van ITC-stelsels.

Vanaf 2010 tot 2014 was McCarthy deel van die WAP-hoërskool se topbestuur en in 2013 tot 2014 deel van die uitvoerende bestuurspan van WAP. Gedurende hierdie tydperk het hy by verskeie geleenthede as skoolhoof van die hoërskool waargeneem.

Vanaf 1 Januarie 2015 tot 31 Desember 2016 was hy skoolhoof van die Sekondêre Skool by The Dolphin Schools, Walvisbaai. Vanaf 2017 was hy die skoolhoof van Pro-Ed Akademie in Swakopmund, deel van die NAPSO-groep van skole.

Hy was sedert 2005 aktief betrokke by die Independent Examination Board (IEB) en was vanaf 2015 skoolhoofverteenwoordiger by IEB.

Die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) in samewerking met die Noordwes-Universiteit (NWU) van Suid-Afrika het geskiedenis gemaak met die opening van ’n onderwysopleidingsinstelling by Pro-Ed Akademie in Swakopmund. McCarthy het as kampushoof die basis gelê van die Weskuskampus van Napso/NWU.

Hy was ook ’n ywerige lid van die groep wat saam met dr. Callie Opperman die bedrywighede van Netwerk aan die kus aan die gang gekry het.

Henry McCarthy het passievol geleef vir onderwys en sy voorkeur vir moedertaalonderrig en sy liefde vir sy eie taal en kultuur was onlosmaaklik deel van sy lewe.

Sy dryfkrag en positiewe ingesteldheid vir vernuwing en groei in die Afrikaanse taal en kultuur vir die jeug, laat ’n leemte in die lewens van almal wat hom geken het.

Hy word oorleef deur sy vrou, Elmine, en kinders Gerald, Elmi, Roelf en Louise, asook sy ouers en broer, Patrick.

FOTO
Mnr. Philippus Tromp, voorsitter van Netwerk, oorhandig ’n Prestige Kultuurtoekenning aan me. Elmine McCarthy, vrou van wyle Henry McCarthy, by Pro-Ed Akademie. FOTO VERSKAF

Soortgelyk

 

Mariental-hospitaal kry suurstofaanleg

17 minute gelede | Gesondheid

Die Mariental-hospitaal het 'n skenking van N$7 miljoen van Namib Desert Diamonds (Namdia) ontvang. Die omgewingsvriendelike suurstofaanleg met 'n kapasiteit van 500 liter wat aan...

Kleuter sterf ná pot kookwater op hom val

41 minute gelede | Misdaad

'n Driejarige seuntjie van Mondesa, Swakopmund, is Sondag dood, nadat sy boetie (5) 'n pot kookwater op hom afgetrek het. Volgens die polisie in die...

Bordjies verhang in Duitse verkiesing

6 ure gelede | Internasionaal

Die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) het volgens voorlopige uitslae gister se algemene verkiesing in Duitsland met 25,7% van die stemme gewen.Dit beteken egter nie mnr. Olaf...

Klein, maar getrain

13 ure gelede | Landbou

William Klazen junior (5) van Windhoek is gister aangewys as die beste kindertouleier by die Windhoek Skou in die afdeling vir nul tot ses jaar....

Tragedie tref ná rugbywedstryd

13 ure gelede | Plaaslik

Andrew Poolman – Die tragiese heengaan van Edwardo Nell kort ná ’n rugbywedstryd Saterdag is vir FNB Wanderers-klub en die rugbygemeenskap ’n diepe skok.“Ons is...

Nida probeer kraaines oor geldsake ontrafel

13 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) is besig om ‘n regsmening in te win oor sy wetlike verpligting om die mediesefondsbydraes...

Rowers buit byna ’n miljoen in Walvisbaai

13 ure gelede | Misdaad

Dani Booysen en Erongo-redaksie – Die Namibiese polisie het bevestig gewapende rowers het Saterdagoggend by Pupkewitz MegaBuild in Walvisbaai N$943 616,84 gesteel.Vyf mans – twee...

Naweekpret by ‘motorhuismark’

13 ure gelede | Gebeure

Windhoek Express (WE) se eerste Garage Market het Saterdag plaasgevind. Markgangers kon verskeie stalletjies met handgemaakte items en produkte deur plaaslike entrepreneurs besoek, musiek luister...

Weer vir 27 September 2021

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die //Kharas-, Kunene- en Khomasstreke. Elders gedeeltelik bewolk en baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met buie in die...