Netflix nou goedkoper in SA
Die stromingsdiens sê die oorskakeling na rand is deel van sy volgehoue pogings om sy aanbod vir sy Suid-Afrikaanse gehoor aan te pas.
Petrus Malherbe – Suid-Afrikaners gaan voortaan ‘n vaste bedrag in rand betaal vir Netflix pleks van 'n bedrag in dollar soos voorheen.
Die basiese opsie sal dus nou R99 kos, R139 vir die standaardopsie en R169 vir die premium opsie, het Netflix aan Mybroadband gesê.
Voorheen het die drie opsies onderskeidelik $7,99, $9,99 en $11,99 gekos. Teen die huidige wisselkoers sou dit R114, R143 en R172 beloop het.
Wat is die verskil tussen Netflix se opsies?
· Die basiese opsie (R99 per maand) stroom nie inhoud in hoëdefinisieresolusie nie en jy kan op net een toestel op ’n slag kyk.
· Die standaardopsie (R139 per maand) stroom wel inhoud in hoëdefinisieresolusie en jy kan op twee skerms tegelykertyd kyk.
· Die premium opsie (R169 per maand) stroom ook in ultra-hoëdefinisieresolusie en jy kan op vier skerms tegelykertyd kyk.
“Die oorskakeling na rand vorm deel van Netflix se volgehoue pogings om sy aanbod vir sy Suid-Afrikaanse gehoor aan te pas,” verduidelik die stromingsdiens sy besluit.
Netflix het ook bygevoeg dat hy ook van nou af meer plaaslike inhoud gaan bied, hoewel hy nie uitgebrei het oor wat beoog word en of die inhoud oorspronklik gaan wees nie.
Teen R99 per maand beloop die prys van Netflix se goedkoopste opsie nou dieselfde as Showmax. Amazon Prime, wat ook plaaslik beskikbaar is, kos $5,99 per maand (sowat R86).
Sou die rand egter tot R12,40 teen die dollar versterk, sal dit weer goedkoper wees om in dollar vir Netflix te betaal as in rand. Die rand het vroeg Maandagoggend teen R14,26 teenoor die dollar verhandel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie