Net een uit drie kinders eet genoeg
Net een uit drie kinders eet genoeg

Net een uit drie kinders eet genoeg

Kinders en tieners word erg deur die droogte geraak wat erge druk op die armste gesinne plaas.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Onvoldoende dieet en die hoë voorkoms van aansteeklike siektes soos diarree veroorsaak dat byna een uit vier kinders in Namibië deur vertraagde groei geraak word, en byna een uit twee kinders aan bloedarmoede ly.

Net 13% van babas en jong kinders in Namibië se dieet voldoen aan die minimum aanvaarbare vereistes, terwyl een uit twee kinders in die eerste ses maande van hul lewens nie uitsluitlik geborsvoed word nie, maar ook onvoldoende bykomende voeding ontvang.

’n Skrale 21% van Namibiese kinders word tot op die ouderdom van twee jaar geborsvoed.

Ook het die voortgesette droogte die afgelope drie jaar geweldige druk op die armste families in die land geplaas, sê Unicef se verteenwoordiger vir Namibië, me. Rachel Odede.

Volgens Odede is dít die kinders en tieners wat die ergste deur die droogte geraak word.

In Unicef se jongste verslag oor die stand van kinders in die wêreld word op voedsel en voeding vir kinders gefokus.

Wêreldwyd word net twee uit vyf kinders onder die ouderdom van ses maande uitsluitlik geborsvoed, soos aanbeveel word. Borsvoeding kan volgens die verslag jaarliks die lewens van 820 000 kinders wêreldwyd red.

Swak diëte is die grootste dryfveer van wanvoeding in die vroeë kinderjare met 44% van kinders tussen die ouderdomme van ses en 23 maande wat nie vrugte en groente inkry nie, terwyl eiers, melk, vis en vleis nie deel van 59% se dieet is nie.

Net een uit vyf kinders in dieselfde ouderdomsgroep uit die armste huishoudings en landelike gebiede ontvang die minimum voorgestelde en uiteenlopende dieet vir gesonde groei en breinontwikkeling.

Volgens die verslag het skoolgaande jongmense ’n voorliefde vir verwerkte kosse en gaskoeldrank en drink 42% ten minste een keer ’n dag gaskoeldrank, terwyl 46% minstens een keer ’n week wegneemetes eet.

“Die bemarking van ongesonde kos en versoete drankies hou direk met die groeiende getal oorgewig en vetsugtige kinders verband,” lui die verslag.

Die ander uiterste is een uit drie kinders groei weens wanvoeding nie normaal nie.

Die sigbare vorms van wanvoeding sluit in vertraagde groei, uittering of om oorgewig te wees.

Ten minste een uit twee kinders ly honger weens ’n tekort (wat dikwels nie sigbaar is nie) aan noodsaaklike voedingstowwe.

“Wêreldwyd word byna 200 miljoen kinders onder vyf jaar deur vertraagde groei en uittering geraak, terwyl ten minste 340 miljoen aan vitamien- en mineraletekorte ly.”

Terselfdertyd is 40 miljoen kinders in dieselfde ouderdomsgroep oorgewig en bly vetsug selfs in laerinkomstelande styg.

Die verslag sê hoewel om oorgewig te wees soms as ’n probleem in ryk lande gesien word, is dit opmerklik in hoe dit nou ook lae- en middelinkomstelande raak en hoe vinnig die probleem groei.

In 2018 het ’n kwart van kinders onder vyf jaar wat oorgewig is in Afrika gebly. In laasgenoemde het dit met net onder 44% tussen 2000 en 2018 gegroei.

Die verslag sê armoede is dikwels die groot katalisator vir wanvoeding en ’n studie deur Unicef en die Wêreldbank het in 2016 gewys die helfte van die 385 miljoen kinders wat in uiterste armoede oraloor die wêreld woon, bly in Afrika suid van die Sahara.

Meer as vier uit vyf van dié kinders bly in landelike gebiede en is meer geneig tot ondervoeding, siektes, om nie hul skoolopleiding te voltooi nie en om ná droogte, siekte of ekonomiese onstabiliteit weer terug in armoede te verval.

“Arm kinders het ook die minste toegang tot veilige water en voldoende sanitasie, voorkomende gesondheidsorg soos immuniserings en voldoende mediese sorg.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%