Nege jaar om baba aan te neem

05 August 2021 | Maatskaplik
Henriette Lamprecht – 'n Vrou van die Noorde probeer al die afgelope nege jaar 'n baba aanneem, maar loop haar telkens in burokrasie vas.

Die vrou (31) het in 2012 met die proses begin om 'n baba aan te neem deur die nodige vorms in te dien wat onder meer 'n bewys van haar finansiële status en 'n polisieverklaring insluit dat sy en haar verloofde wat saam met haar woon, nie kriminele rekords het nie.
Sy het dié deel van die proses suksesvol op Swakopmund voltooi en het dus aanvaar sy is as potensiële aanneem­ouer op die aannemingsregister vir kinders wat aangeneem kan word en voornemende aanneemouers geregistreer (RACAP).
Jare het verbygegaan en sy het geen terugvoer van die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn ontvang nie.

Vroeër vanjaar het die vrou na Omuthiya verhuis waar sy voltyds werk en saam met haar verloofde met wie sy reeds tien jaar in 'n verhouding is, in 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n kombuis en sitkamer woon.

'n Koerantberig van 'n weggooibaba wat tans in die Engela-hospitaal versorg word, het haar weer na 'n maatskap­like werker op die dorp laat uitreik. Mnr. Noah Shitalan­gaho het volgens haar bevestig dat sy as voornemende aanneemouer geregistreer is.

Toe sy egter aandring op 'n bewys van registrasie, het Shitalangaho beweer sy is nie geskik bevind nie.

“Die pyn is net te veel. Dit is al so veel jare.”

“Ek was swanger en het op vier maande 'n miskraam gehad. Ek en my verloofde het toe besluit om 'n pasgebore baba aan te neem,” het sy gesê.

Ná herhaaldelike navrae aan Shitalangaho het hy uiteindelik op 29 Julie 'n brief aan haar gegee dat sy “op grond van 'n maatskaplike ondersoek soos vervat in die kinder- en beskermingswet” nie aan die kantoor se aannemingskriteria voldoen nie. Ook voldoen die polisieverklaring se inhoud “nie met die dienste wat die aansoeker vereis nie”.

Sy kan egter wel ander maatskaplike werkers nader vir verdere dienste vir aanneming.

Volgens die vrou het Shitalangaho glo nooit 'n ter plaatse ondersoek van haar woonstel gedoen nie.

“Ek het 'n werk, is in 'n vaste, langtermynverhouding met vaste verblyf. Volgens hom kan 'n baba nie in 'n ­eenslaapkamerwoonstel bly nie, maar dis 'n baba! Natuurlik gaan die baba by ons in die kamer slaap; ek sal hom mos nooit alleen los nie.”

Shitalangaho het volgens haar gesê die baba kan nie in 'n “plek van gevaar” geplaas word nie en sy kan nie 'n baba aanneem terwyl sy in 'n eenslaapkamerwoonstel woon nie.

“Sy woorde was ek moet 'n ekstra kamer kry en is nie gekwalifiseerd om 'n kind groot te maak nie. Die omgewing waarin ek woon, is nie geskik vir 'n baba nie en 'n baba kan nie saam met 'n ouer slaap nie”. Sy het verwys na die weggooibaba wat weke later steeds in die Engela-hospitaal is en wat sy en haar verloofde 'n huis en familie voor wil bied.



'WAT VAN ONS?'

“Nêrens in die wet sê dit dat 'n huis soos wat hy sê 'n vereiste vir aanneming is nie. Ons het alles en ná so veel jare steeds nie 'n baba nie. Dit terwyl hierdie weggooibaba in die hospitaal is vir wie niemand wil hê nie. Wat van ons?”

Shitalangaho wou nie op navrae in die verband reageer nie en het gesê Republikein moet hom in sy kantoor op Omuthiya kom sien.

Volgens die wet kan 'n kind aangeneem word as hy of sy deur die ouer verlaat is, die ouer nie opgespoor kan word nie en die kind nie opgeëis word nie. Sou die kind in 'n veilige hawe gehuisves word, is die wagtydperk 60 dae en in ander gevalle van duidelike verlating 30 dae.
Die vereistes om 'n aanneem­ouer te wees, sluit in die persoon moet ouer as 25 wees, in Namibië woon en in omstandighede woon wat vir aanneming geskik is. 'n Persoon mag nie op die grondslag van finansiële status gediskwalifiseer word nie, maar 'n voornemende ouer moet in staat wees om in die kind se basiese behoeftes te kan voorsien.

[email protected]

Soortgelyk

 

Vier sterftes, 25 nuwe gevalle

7 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met vier (een tuissterfte) tot 3 538. Gister is 25 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 2,2%. Dit sluit drie leerlinge,...

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

11 ure gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

12 ure gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

12 ure gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

13 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Tweede lugmagongeluk binne enkele weke

1 dag gelede | Ongelukke

Tunohole Mungoba en Ellanie Smit‘n F-7 vegvliegtuig van die Namibiese lugmag het vroeër vandag by die Ondangwa-lughawe neergestort.Die weermag het joernaliste wat kort na die...

Creativity and mental health: Where do we overstep

1 dag gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

1 dag gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

1 dag gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...