NEEEF leef. . .
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Groot was my verbasing toe ek in voorbladartikel in die Republikein-koerant lees die ikoniese president van die Republiek van Namibië het dit omonwonde en met uitdruklike duidelikheid gestel dat NEEEF in die voorsienbare toekoms wetlik ’n werklikheid gaan word.
Die daaropvolgende reaksies was te verwagte, en die oorde waaruit dit gebasuim was, was kenmerkend van diegene wat dooie ideale nastreef en nie die werklikheid van die sosio-ekonomiese realiteite van die land in ag neem nie. Diegene wat aanvoer dat die regering 27 jaar gehad het om die strukturele, historiese en wetlike ongelykhede aan te spreek wat vir langer as ’n eeu ingewortel was in ons samelewing, psige en geskiedenis, moet eintlik bly wees dat die regering so langmoedig en geduldig was.
Die regering het dit herhaaldelik verkondig dat dit ’n verantwoordelike regering is, wat so ver moontlik ’n wetsgehoorsame regering wil wees, wat ’n wetsgehoorsame samelewing vir alle landsburgers wil skep. Behalwe vir ’n interessante bydrae deur ’n wit landgenoot in ’n Engelse dagblad, waarin ook alternatiewe voorstelle na vore gekom het, was daar niks nie behalwe snedige opmerkings, persoonlike aanvalle en dreigemente in reaksie op die voorstelle vervat in NEEEF.
Een van die dreigemente is dat ’n “brain drain” sal geskied, sou NEEEF geimplementeer word. Dit is die grootste grap, want sou persone wat NEEEF teenstaan ’n halwe brein gehad het, sou hulle die rede, noodsaaklikheid en dringendheid van verandering raakgesien het. Ek sien meer van ’n “brain gain” met hulle uit die pad.
Verder sou ek graag wil weet waarheen “vlug” julle, want die res van Afrika, en so ook die res van die wêreld kyk almal na stelsels hoe om historiese, strukturele ongelykhede en armoede aan te spreek. Selfs Donald Trump doen dit vir sy mense.
Dit is net logies, siende dat die ekonomiese ongelykhede polities en deur wetgewing geskep was, dit deur wetgewing reggestel moet word.
Die grootste pyn vir diegene wat NEEEF teenstaan, is die voorstel (NB - voorstel!!!) dat ’n persentasie van die onderneming se winste aan die werkers bemaak moet word. Hierdie is ’n praktyk wat wêreldwyd aandag geniet en veral in sektore soos die mynbedryf, visserye, toerisme, ens. word dit met groot sukses beoefen.
Die oorgrote meerderheid Namibiërs sal graag die politieke stabiliteit, vrede en maatskaplike vooruitgang van ons land wil seëvier, en ook wetsgehoorsame landburgers wil wees, maar dit is moeilik, baie moeilik, as gesien word hoe die gaping tussen die wat het, en diegene wat nie het nie, net groter word.
Die reggae-sanger Peter Tosh sing “a hungry man is an angry man”. Laat NEEEF of enige wetgewing wat strukturele ongelykhede aanspreek die nuwe era van inklusiwiteit inwy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie