Nee is nee
Die beskermingseenheid vir oorlewendes van geslagsgeweld in Katutura het onlangs ’n nuwe baadjie gekry.
Tanja Bause - “Nee beteken nee. Daar is geen ander vertolking van die woord nie.”
Dít was gister lt.genl. Sebastian Ndeitunga, Namibië se polisiehoof, se woorde tydens die heropening van die geslagsgeweld-beskermingseenheid (GBVPU) in Katutura.
“Volgens statistieke is 1 063 verkragtings in 2016 aangemeld, 980 in 2017 en 1 121 in 2018. Dit is 3 164 verkragtings wat in drie jaar by die polisie aangemeld is waarvan 81 gevalle minderjarige seuns en 1 314 minderjarige meisies behels het.”
Volgens Ndeitunga is alkoholmisbruik een van die grootste bydraers tot geslagsgeweld.
“Namibiese vroue wil nie nuttelose dronklappe hê nie, dus word hulle verkrag en aangerand as hulle nee sê. Ons moet alkohol- en dwelmmisbruik aanspreek en die probleem oplos as ons geweld teen vroue en kinders wil bekamp.
“Ons moet ook onder meer na van ons kulturele praktyke kyk en dit, waar nodig, verwerp omdat sommige daarvan skadelik is en tot geslagsgeweld kan bydra,” het hy gesê.
Die eerste GBVPU is in 1993 geopen en tans is daar 17 van dié eenhede by staatshospitale landswyd.
Die Khomas-eenheid by die Katutura-staatshospitaal is onlangs met die hulp van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef), die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad (Unodc) en die Verenigde Koninkryk se Nasionale Misdaadagentskap (Ceop) opgeknap.
Die eenheid dien nou as ’n eenstopsentrum en sentrum vir uitnemendheid wat as model vir die ander sentrums gaan dien.
“Die sentrum word deur ’n groep hoogs opgeleide mense beman, wat uit polisiebeamptes, maatskaplike werkers, dokters en beraders bestaan. Unodc het 230 beamptes van verskeie regeringsagentskappe opgelei om met oorlewendes van geslagsgeweld en geweld teen kinders te kan werk,” het Ndeitunga gesê.
Volgens me. Zhuldyz Akisheva, streekverteenwoordiger van Unodc, toon ontledings van geslagsgeweld in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) van 2011 dat ’n geskatte een uit drie vroue fisieke en/of seksuele geweld aan die hand van ’n lewensmaat ervaar het.
Een uit drie tienermeisies het gesê hul eerste seksuele ervaring was gedwonge.
“In ‘n studie wat in 2018 deur Unodc onderneem is, is bevind ongeveer 3,1 slagoffers per 100 000 vroue word deur hul intieme lewensmaat of familielid vermoor,” het Akisheva gesê.
“Daar word lank reeds aanvaar Namibië het ’n hoë koers van geslagsgeweld ondanks beperkte beskikbare data. Die kantoor van die eerste minister sal die eenheid binnekort met gespesialiseerde harde- en sagteware toerus, wat die versameling van data oor aangemelde geslagsgeweld moontlik sal maak,” het sy gesê.
Ceop het een bakkie en twee busse aan die eenheid geskenk.
Hulle het ook die aanbring van veiligheidshekke in die gebou gefinansier.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie